Baba sterf na ma hom in motor los

Argieffoto

Argieffoto

‘n Eenjarige baba is dood nadat sy ma hom in ‘n motor in die son gelos het in die suide van Frankryk.

Mediese personeel kon nie daarin slaag om die baba by te bring nie. Hy is glo vir langer as ‘n uur in die motor in Courthezon gelos. Die kwik het tot sowat 34°C gestyg.

Die ma het haar seuntjie by sy oppasser opgelaai en in die motor gaan sit waarna sy weer terug na die huis is om met die oppasser te gesels, het die staatsaanklaer aan AFP gesê.

“Volgens die inligting is dit minstens ‘n saak van uiterste nalatigheid weens die ma wat haar kind in direkte sonlig gelos het.”

Die 31-jarige ma is intussen op versoek van ‘n dokter gehospitaliseer en ‘n saak van manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

TANIA MAREE ·

Dit is vreeslik,regtig -die oppasser moes navraag gedoen het oor die kleinding- maak nie saak wat haar “werkgewer” vir haar wou se nie.Sou haar “werkgewer”,haar moontlik uitgetrap het oor iets,moes sy dadelik aan die kleinding gedink het en nie bang wees sy sou haar werk verloor,as sy uitstap nie.n Goeie oppasser weet ten alle tye waar die kleinding is wie jy oppas, gladnie uit jou sig nie -daar waar die kleinding is,daar is jy -dus as sy wel gesien het die ma haal die baba en gaan sit hom in die kar,moes sy weet die kind sit in die son in die motor en NA DIE KIND LIEWER GAAN- 5minute is
reeds te lank! Hoekom sal enige ma haar kind daar los,wetend die son bak op die kar? Die baba
daar VERGEET? Nee,nee,nee!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.