Big Bang Theory in die sop oor ‘Soft kitty’

Die sterre van die Big Bang Theory Foto: Jim Ruymen/UPI

Die sterre van die Big Bang Theory Foto: Jim Ruymen/UPI

ʼn Onderwyseres van New Hampshire se kinders dagvaar die vervaardigers en uitsaaiers van die trefferprogram, “The Big Bang Theory”, oor hul gebruik van ʼn kleuterrympie wat hul ma in die 1930’s geskryf het.

Warner Bros, Chuck Lorre Productions, CBS, Turner Broadcasting en Fox is van die maatskappye wat in die hofdokumente genoem word, berig The Guardian.

Ellen Newlin Chase en Margaret Chase Perry, dogters van Edith Newlin, het gesê hulle is nie vir toestemming gevra voor Willis Music aan die vervaardigers van die program toestemming gegee het dat dié rympie in die program gebruik mag word nie.

Die eenvoudige liedjie, wat aanhangers van die televisieprogram ook graag sing, word in verskeie episodes gebruik. Die liedjie word vir die eerste keer in die eerste seisoen, episode 11 (“The Pancake Batter Anomaly”) gebruik toe Penny dit vir Sheldon moet sing toe hy ‘n verkoue kry.

Die rympie is in 1937 deur Willis Music in die boek, Songs for the Nursery School, gepubliseer.

Newlin se dogters voer aan hul ma het in 2004 in haar testament die oorspronklike kopiereg aan hulle oorgedra.

Volgens hulle gebruik die televisieprogram die lirieke ook op verskeie van hul produkte soos T-hemde, rekenaarmuismatjies, selfoonomhulsels en yskasmagnete. Volgens die dagvaarding gee die program boonop verkeerdelik krediet aan Bill Prady, hoof by Chuck Lorre Productions, vir die rympie.

Newlin Chase en Chase Perry eis skadevergoeding, wins en regskoste en ʼn onmiddellike opskorting van gebruik van Soft Kitty.

Bron: The Guardian, Moviefone, BBC
https://youtu.be/3JMOli6unMI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann Marx ·

Jip. As julle MY ma se liedjie se gesing het vir ‘n akteur wat $29 miljoen vir 2015 gekry het, sou ek ook ‘n bohaai gemaak het vir ‘n skyfie van die koek!!

Gideon ·

Wys nou net hoe verskil mense!! Ek sou ewe trots gewees het as ek hoor my ma se liedjie word gesing!!

Nico K ·

Sover ek weet verval kopiereg na 50 jaar. Hulle sal dus moet kan bewys dat die kopiereg verleng is. Dit gaan nie so maklik wees nie. Ek dink dit is prokureuers wat die geld sien en vir mense sê kom ons vat ‘n kans. Die prokureur kan niks verloor nie. Daar was dieselfde polemiek oor die gebruik van die liedjie “In the jungle” in die rolprent “The Lion King” en sover ek weet het daar niks van gekom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.