President Barack Obama van Amerika en die komediant Jerry Seinfeild vergelyk motors en ruil grappies uit in ʼn 19 minuut lange episode van “Comedians in Cars getting Coffee”.
Lees meerAlles vir Saterdag 2 Januarie 2016
Zim-pastoor sal bly betoog
ʼn Pastoor wat verlede maand man alleen teen die Zimbabwiese president Robert Mugabe betoog het voor hy in hegtenis geneem is, het onderneem om dit weer en weer te bly doen.
Tiener verdrink op Nuwejaarsdag toe hy vriendin wou red
ʼn 15-jarige seun het in Umkomaas aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink toe hy sy 13-jarige vriendin wou red.
Nóg ʼn verdrinking
ʼn Man het op Nuwejaarsdag in ʼn strandmeer in La Mercy, noord van Durban, verdrink.
Een tweeling, verskillende jare
ʼn Tweeling wat in ʼn hospitaal in San Diego gebore is, sal verskillende verjaarsdae vier.
Big Bang Theory in die sop oor ‘Soft kitty’
ʼn Onderwyseres van New Hampshire se kinders dagvaar die vervaardigers en uitsaaiers van die trefferprogram, “The Big Bang Theory”, oor hul gebruik van ʼn kleuterrympie wat hul ma in die 1930’s geskryf het.
Obama wil ingryp oor vuurwapengeweld
Pres. Barack Obama van Amerika sal Maandag met die prokureur-generaal Loretta Lynch vergader om stappe te bespreek wat hy kan doen om dit moeiliker vir “die paar gevaarlikes” te maak om vuurwapens in die hande te kry.
Kaapstad-paaie gesluit vir Tweede Nuwejaarsdag
Talle paaie word Saterdag in Kaapstad se middestad gesluit tussen 08:00 en 23:59 vir die optog tydens die Tweede Nuwejaarsdagvieringe.
Polisie op soek na kitsbank-diewe
Die polisie is op soek na drie swaar gewapende mans nadat ʼn kitsbank by Sediba-winkelsentrum naby Hartbeespoortdam in Noordwes op Nuwejaarsdag opgeblaas is.
Vier verdrink, drie verdwyn in die see op Nuwejaarsdag
Minstens vier persone is dood en drie persone word steeds vermis in verskillende voorvalle op Nuwejaarsdag op strande landswyd, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Vierde man vas oor polisiekaptein se moord
ʼn Vierde man is in Pretoria in hegtenis geneem in verband met die moord op polisiekaptein Kenneth Poortman.
Sangeres Natalie Cole oorlede
Die Grammy-bekroonde sangeres Natalie Cole, dogter van die jazzlegende, Nat King Cole, is in die ouderdom van 65 oorlede. Luister gerus na die duet, Unforgettable, onderaan die berig.
Gedagte vir die dag: Soek eers die belangrikste
Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (Matteus 6:24, 33)