Bitterheid oor bekende stroop se nuwe logo

Die bekende Lyle’s Golden Syrup lyk nou anders. (Foto: X/BBC News)

Nuus oor die verandering van die bekende Lyle’s Golden Syrup se kenmerkende logo het duidelik ʼn bitter smaak in party verbruikers se monde gelaat.

Lyle’s het aangekondig dat die maatskappy ná 140 jaar die beeld van ʼn dooie leeu wat deur bye omring word met ʼn vereenvoudigde beeld van ʼn lewende leeu vervang.

Die oorspronklike logo, wat die Bybelse aanhaling insluit “uit die sterke het soetheid voortgekom”, het selfs ʼn Guinness-wêreldrekord gekry vir die oudste onveranderde handelsmerkverpakking.

Die nuwe ontwerp sal op alle plastiekverpakkings van Lyle’s-produkte verskyn, maar die bekende groen en goue stroopblikkies sal egter steeds onveranderd bly.

Lyle se bekende Victoriaanse-styl blikkies is meer as 150 jaar gelede vir die eerste keer deur die Skotse sakeman Abram Lyle bekend gestel.

Volgens die maatskappy se webwerf het Lyle glo sterk godsdienstige sienings gehad, daarom beeld die logo die verhaal van Simson in die Ou Testament uit, waar hy ʼn jong leeu wat op hom afgestorm het met sy kaal hande uitmekaargeskeur het, en later opgemerk het dat ʼn swerm bye ʼn heuningkoek in die karkas gevorm het.

Die maatskappy se handelsmerkdirekteur, James Whiteley, het gesê die firma “moet aan verbruikers wys hy beweeg saam met die tyd en voldoen aan hul huidige behoeftes”, berig die BBC.

Talle verbruikers het egter op X (voorheen Twitter) kop gekrap oor die maatskappy se besluit, met baie wat dit as “onnodig” en “woke” bestempel.

Sam Margrave, ʼn lid van die Anglikaanse kerk se algemene sinode, het in The Telegraph uitgevaar teen Lyle’s se nuwe verpakking en gesê die maatskappy “poog om Christelike boodskappe in sy logo uit te wis”.

Margrave het verder gesê dat “daar niks moderns daaraan is om tradisie te laat vaar of Christelike boodskappe opsy te skuif nie”.

“Ek is seker daarvan dat Lyle nie omgee om elke Paasfees voordeel te trek uit die verkope van Christelike handelsmerke nie, so hoekom het hulle die behoefte om hul verbintenis met hul Christelike stigter se ikoniese logo uit te roei? Dit lei tot die vraag, is daar nie meer plek vir Christene of Christelike boodskappe in die Verenigde Koninkryk nie?”

Bykomende bronne: BBC, The Telegraph.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

hpven ·

Wow! 140 Jaar se sukses, waarom nou daaraan verander? Moet nooit krap waar dit nie jeuk nie!

Marous ·

Hul skiet hulself in die voet. Nes lion Lager met hul silwer blikke.

Sêmanet ·

Die dooie leeu het dalk begin stink.. Maar ek kan nie sien watse verskil dit maak nie. Die inhoud moet net dieselfde bly. Ek check nie eintlik logos as ek inkopies doen nie..sê maar net.

Duck ·

Ek eet lankal nie meer stroop nie, ongesond…te veel suiker, so hul kan maar ‘n bok of skaap ook daarop sit!

Kobus ·

Die stroop het ‘n Christelike konnetasie met Simson, Die dooie leeu en die bye. Dit kom reguit, uit die bybel uit. Alle Christene moet die produk nou boikot. Die moslems staan almal saam en boikot as iets nie hulle geloof pas nie. Ons Christene moet dit ook doen. Weier net om die produk met die nuwe logo te koop

Pieter ·

Mense mense – kom by – hierdie het niks te doen met Bybel nie – enige plek en produk moet tred hou met dee tye – dra jy nog selfde broek soos in 1983 – nee – so hoekom altyd verandeing teenstaan. ek wil nie na ‘n dooie leeu kyk nie – wel gedaan vir die mense wat die nuwe tye binne gaan. Hulle moes dit net stil gehou het en voortgegaan het met die verandering.

Vonkprop ·

Ek het nou eers na 140 jaar gesien dit is ‘n dooie leeu met bye. Het dit nooit opgemerk nie. Ek het net altyd vir my ma die blik met stroop gevra.

Diana ·

Lyle stroop het ‘n kort geheue, Hy het vergeet wat met Dischem gebeur het.

melaney ·

‘n Christelike boodskap is meer werd in my hart. Uit my hart spruit die soet en dan deel ek die soet met my medemens dmv my hand. Ek het honderde blikke stroop al gekoop. Ek onthou die kleur van die blik, maar nooit eers agtergekom daar is ‘n prentjie van ‘n leeu daarop nie.

Jan Jacobs ·

Wonder wat gaan Piet en Pierre se, as hulle braai vleis vuur weg gevat word.

Goldy ·

Ons moes inelkgeval lankal ons eie suikerboere ondersteun deur om SA stroop te koop, net so lekker.

Philip ·

kobus: Ag asseblief, as mense minder alles wil boikot en eerder aangaan met hul lewens en hul bepaal by belangriker dinge sal dit oral beter gaan, gouestroop moet geboikot word oor ‘n prentjie van n leeu, moenie belaglik wees nie.

Nierkie ·

Ek weet nie waaaroor die bohaai is nie, die ikoniese blik bly tog dieselfde – is dit nie genoeg nie? Werklik

piet ·

So terloops – gister weer vir Redro en Pecks op die rakke gesien. Kos omtrent R70 nou….

Koen ·

Daar gaat ons alweer. Boikot vir ‘n uur. Dan is dit weer BAU. Mense kan hull emet bog besig hou. Het julle niks anders om te doen nie.

Anonymouse ·

Diana, besef jy dat dit ‘n Britse maatskappy is? Hulle weet seker nie eens van Dischem, nog minder wat met hulle gebeur het.

SjN ·

Solank die eindproduk nog dieselde is en proe is dit mos nie n probleem nie, daar is erger dinge om oor te moan.

Burt ·

nog ‘n ou kniebuigie. van my inkopie lysie af. eerder iets met bye, wat WERK en nie leeglê nie

Pawiljoen Rot ·

Mense wat worry oor sulke snêrt het waaragtag nie regte bekommernisse nie.

Papsak ·

Maak nie saak nie los stroop logo so wat pla dit hulle nou weer al ons goed is n probleem vir hulle ek groot geword met daai logo op stroop blik nee nou krap hulle waar dit regtig nie jeuk nie

Wakkerslaper ·

Die wat so wonder hoekom daar ongelukkigheid is… dit gaan oor die links-liberale woke kultuur en die voortslepende vernietiging van CHRISTELIKE waardes en simbole.

trotsNAMSA ·

Haha, lekker lag ek nou oor ‘n blikkie stroop !
Tipies Suid-Afrikaners wat van boikot praat en nog vele ander goed oor ‘n blikkie. Suid-Afrikaners kan nie eers saam staan teen hul Regering nie ! Gaan koop ‘n botteltjie stroop by die Saterdag Mark. Los godsdiens hier uit, 140 jaar gelede het almal iets gesien wat die Kerk tot voordeel trek.

Danie ·

Maak nie saak wat hulle doen nie dit bly steeds die wereld se beste.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gaan koop daai blikkies. Oor 100 jaar gaan dit baie waardevol wees!

Joan ·

Julle wat nie ‘n probleem het dat ‘n Bybelse aanhaling na 140 jaar verwyder word nie, het wragtig ‘n probleem!!!! As kind het my ma ons geleer dat die aanhaling uit die Bybel kom en ons het dit gerespekteer. Dit is nou wel nie heuning in die blik nie, maar suikerstroop, wat geen verskil maak aan die feit dat GOD daar in erken was nie, al was dit Simpson en ‘n leeu-geveg. Niemand wat die Bybel ken, sou dit misgis het met iets anders nie.

Ek dink dit is ‘n tragedie.

Terloops, waar koop ‘n mens nog Lyle’s Gouestroop in Suid-Afrika?

Treurwilger ·

Joan, ek deel jou misnoeë.
Die woorde, “ wie staan vir niks, val vir alles”, is hier van toepassing.
Die Afrikaanse ‘Sambok-salf’-blikkie met sy woorde “helende, strelende “ se einde is vir my net so tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.