Britse koninklike baba is op pad

Prins Harry en Meghan, die hertogin van Sussex (11 Maart 2019) (Foto: AP Photo/Frank Augstein, file)

[Opvolg] Baba Sussex is gebore. Lees meer hier.

Meghan, die hertogin van Sussex, is in kraam en die jongste Britse koninklike baba sal na verwagting binne die volgende paar uur sy of haar verskyning maak.

Die Buckingham-paleis het dié nuus via Twitter bevestig. Prins Harry, die hertog van Sussex, is volgens die verklaring aan Meghan se sy.

Dié koninklike egpaar het besluit om nie die geslag van die baba bekend te maak nie en het ook die planne rondom die geboorte geheim gehou. Die paartjie het dus nie by tradisie gehou waar die Britse koninklikes die besonderhede rondom die geslag en geboorte van die baba bekendmaak nie.

Prinses Diana en Catherine, die hertogin van Cambridge, het albei op die trappe van die Lindo-vleuel van die St. Mary-hospitaal in Paddington in Londen hul pasgebore babas slegs ure ná hul geboortes vir die wêreld gewys.

Meghan en Harry het ook die publiek gevra om eerder skenkings aan verskeie organisasies te maak, in plaas daarvan om vir hulle geskenke te stuur met hul baba se koms.

“Die paartjie het lank reeds beplan om die publiek aan te moedig om eerder skenkings aan sekere liefdadigheidsorganisasies, wat kinders en ouers in nood help, te maak,” het Harry en Meghan se amptelike Instagram-blad laat hoor.

Van dié organisasies was The Lunchbox Fund, Baby2Baby en Well Child.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Abe ·

lg,
Dis nie vir my n kramp nie. Dis lekker om daarvan te hoor, n heuglike gebeurtenis!

Alida ·

Wat verkies jy moord en doodslag plus korrupsie? Ons kry oorgenoeg daarvan elke dag.

Andreas ·

As dit ‘n dogtertjie is, sal my geskenk moccasin skoentjies en ‘n breë gekleurde kopband met een lang regop spierwit veer aan die agterkant wees, ‘n bypassende rompie. As dit ‘n seuntjie is, sal dit ‘n hooftooisel met ‘n lang stert van gekleurde vere wees en ‘n woeste skimmelhings met die ene spiere, veral daar by die agterstewe, die maanhare wat in die wind wapper as hy op die agterbene kom en teen die lug uit klim.

Andreas ·

Perdfris, kan nie beter nie. En ek gaan nie ‘n kriptiese leidraad gee nie.

AmY ·

Dis toe ‘n sruntjie.
Baie geluk aan die paartjie, al kan hulle nie hier lees nie.

John ·

Dis sekerlik ‘n dogtertjie. William & Kie maak skielik vreeslik ophef van die hul eie pienkvoet wat dui op interne kompetisie.

Steven de Lange ·

John, watter kanale volg jy? William en Kate het nie n pienkvoet nie, hulle het drie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.