Britse supermarkte beperk verkoop van vrugte, groente

Tamaties (Foto: iStock)

Sommige Britse supermarkte is genoop om beperkings in te stel op die aankoop van sekere vrugte en groente nadat die onlangse weerstoestande in onder meer Afrika tot “verkrygingsuitdagings” gelei het.

“Moeilike weerstoestande in die suide van Europa en Noord-Afrika het die oes van sekere vrugte en groente, waaronder tamaties en soetrissies, ontwrig,” sê Andrew Opie van die British Retail Consortium.

Produsente en verskaffers in Marokko het die afgelope paar weke ongunstige toestande – koue temperature, swaar reën en oorstromings – aangemeld wat die produkvolumes van uitvoere beïnvloed het.

Die slegte weer, wat ook boere in die suide van Spanje geraak het, het daartoe gelei dat veerbote gekanselleer moes word wat gevolglik die verskaffingsprobleme vererger het.

ʼn Woordvoerder van Asda, een van die VK se voorste supermarkte, sê dié supermark beperk klante nou tot drie elk van onderskeidelik tamaties, soetrissies, komkommers, blaarslaai, broccoli, blomkool en frambose.

Opie verwag dat die ontwrigting waarskynlik ʼn paar weke lank sal duur.

Hy het egter sy versekering gegee dat supermarkte in staat is om die voorsieningskettingkwessies te bestuur en tans saam met boere werk om te verseker dat klante toegang tot ʼn wye verskeidenheid van vars produkte het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wonder ·

ek twyfel met loadshedding want dis nie net die weer wat hier n probleem is vir die boere nie…

Nommer 7 ·

DJ, met die swak gehalte van plaaslike groente en vrugte, dink en nie so nie.

Pietertjie ·

Iets ruik nie reg nie. Kunsmatige tekorte om pryse op te stoot?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.