Chaos toe stampvol pawiljoen tydens stiergeveg meegee

Die toneel kort ná ‘n gedeelte van die pawiljoen meegegee het. (Foto: Colombiaanse nasionale polisie / AFP)

Minstens vier mense is dood en meer as 300 ander beseer toe ’n gedeelte van ’n stampvol drieverdieping-pawiljoen tydens ’n stiergeveg in Colombia Sondag meegegee het.

Die plaaslike goewerneur, Jose Ricardo Orozco, het ná die voorval gesê drie vroue, ’n man en ’n kind het tydens die ineenstorting omgekom.

Talle mense het na die grond geval toe ’n groot gedeelte van die pawiljoen van hout in die stad El Espinal ineengestort het. Daar kan in ’n video van die voorval gesien word hoe mense van die staanplekke probeer vlug terwyl ’n ontsnapte bul vry rondloop.

Ongeveer 322 mense is ná die voorval na nabygeleë hospitale vervoer vir mediese behandeling. Dit sluit in vier vroue wat tans in die waakeenheid van hospitale behandel word, het Martha Palacios, plaaslike gesondheidsekretaris, gesê.

Colombia se uittredende president, Ivan Duque, het op Twitter gesê die owerhede sal ’n ondersoek na die tragedie van stapel stuur.

Die toneel kort ná ‘n gedeelte van die pawiljoen meegegee het. (Foto: Colombiaanse nasionale polisie / AFP)

Orozco het op sy beurt gesê die plaaslike regering beoog nou om die sogenaamde “corralejas” waartydens lede van die gemeenskap self die ring betree, te verbied. Die goewerneur sê dié aktiwiteit is nie net gevaarlik nie, maar bevorder ook dieremishandeling.

Dié betrokke stiergeveg het deel gevorm van stiergevegvieringe tydens die San Pedro-fees, die gewildste in die streek.

Verskeie mense is egter ook Saterdag beseer in afsonderlike voorvalle tydens die corralejas in El Espinal. Nog ’n persoon is vroeër vandeesmaand dood nadat ’n bul hom tydens ’n corraleja in die dorp Repelon gegaffel het.

Die nuutverkose president, Gustavo Petro, wat op 7 Augustus sy amp betree, het intussen ook versoek dat amateur-stiergevegte voortaan verbied word.

Petro het vroeër tydens sy amp as burgemeester van Bogota stiergevegte in dié stad se kenmerkende stierring, La Santamaria, verbied.

Dieremishandeling is tans ’n misdaad in Colombia, maar stiergevegte en haangevegte word beskerm weens die kulturele geskiedenis daaragter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Waarnemer ·

What comes around goes arounnd….blinde sambok…..diere mishandeling en ook masr damn stoepit om n drie verdieping hout stellasie te bou en as pawiljoen te vebruik….

Boatsie ·

Gevegte tussen diere is ‘n weerspiëling van sekere sektore vd mensdom se intelligence en hoegenaamd niks met kultuur te doen nie.
Hierdie was net weer ‘n duidelike teken dat dié tipe van optrede walglik en afstootlik is.

KatjieDeKat ·

Geen simpatie. Julle wat julle verlustig in die marteling van n dier..zero simpatie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.