Die owerheid het die ramp aan skielike rukwinde toegeskryf, maar die boot se kaptein en ingenieur is wel in hegtenis geneem. Die voorval word beskryf as China se ergste bootramp in sewe dekades.
Die Eastern Star is Vrydag in die Yangtze-rivier regop getrek en 396 liggame is reeds gevind. Volgens berigte word 46 mense nog vermis. Die Xinhua-nuusagentskap het berig 456 mense was aan boord toe die boot in Jianli in die Hubei-provinsie omgeslaan het. Altesaam 14 mense is gered. Die boot was op ʼn 11 dae lange vaart onderweg van Nanjing tot Chongqing.