Die week in foto’s

Viëtnam: Hierdie lugfoto wys die Ba Lai-soutvoorkomingsdam wat soutwater (R) en varswater (L) afkeer. Die maand lange hittegolf het ʼn intense droogte in dié land veroorsaak. (Foto: Nhac Nguyen/AFP)

Thailand: Ko Muang Phet, ʼn reuse- wit buffel wat vir 18 miljoen baht (sowat R9 miljoen) verkoop is, poseer vir ʼn foto ná ʼn ontmoeting tussen premier Srettha Thavisin en lede van die Thaise buffeltelersontwikkelingsvereniging. Die ontmoeting het by die regeringshuis in Bangkok plaasgevind waar die premier “die bul by die horings gepak het” toe hy dié ongewone besoeker by sy kantoor verwelkom het. (Foto: Lillian Suwanrumpha/AFP)

Filippyne: Inwoners probeer om vlamme met emmers water te blus nadat ʼn brand in ʼn informele nedersetting in Metro Manila uitgebreek het. (Foto: Jam Sta Rosa/AFP)

Uruguay: Weerlig blits tydens ʼn hewige donderstorm in Montevideo. (Foto: Mariana Suarez /AFP)

Nederland: Sandra Bechtholt, die direkteur van die Keukenhof-blommetuin, en prinses Margriet tydens die opening van die jaarlikse blomme-uitstalling. Die uitstalling vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. (Foto: Robin van Lonkhuijsen/ANP MAG/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.