Die week in foto’s

(Foto: Aris Messinis/AFP)

Griekeland: Groot dele van Europa het vroeër die week gebuk gegaan onder hoë temperature weens ʼn kwaai hittegolf. Die skroeiende hitte het in Griekeland veral tot talle veldbrande aanleiding gegee. In die foto kan gesien word hoe ʼn man van die dorpie Agios Charalampos, naby Athene, sy hond in die motor laai sodat hulle van die verwoestende veldbrande kan vlug. (Foto: Aris Messinis/AFP)

(Foto: Manan Vatsyayana/AFP)

Japan: Mexiko se tegniese kunsswem-vrouespan tydens die eindstryd van die Wêreldwaterkampioenskap in Foekoeoka in Japan. (Foto: Manan Vatsyayana/AFP)

(Foto: Mahmud Turki/AFP)

Libië: Migrante van Afrika, suid van die Sahara, voer aan die Tunisiese owerhede het hulle met geweld na ʼn woestyn geneem wat aan Libië en Algerië grens, waar hulle in ʼn onbewoonde gebied sonder water of skuiling gelaat is. (Foto: Mahmud Turki/AFP)

(Foto: Mohammed Sawaf/AFP)

Irak: Sjiïtiese Moslems kom tydens ʼn seremonie by die heiligdomme van imam Hussein en imam Abbas in Irak se sentrale heiligdomstad, Karbala, bymekaar vir die eerste nag van die Moslem-maand Muharram en die eerste dag van die Islamitiese nuwejaar. (Foto: Mohammed Sawaf/AFP)

(Foto: Luis Tato/AFP)

Kenia: Kenia se regering het gewaarsku dat hy nie verdere onrus sal duld nie. Vroeëre betogings in dié land het in geweld ontaard en die lewe van 12 mense geëis. In dié foto hou opposisie-ondersteuners stokke en klippe vas terwyl hulle teen die hoë lewenskoste in die hoofstad Nairobi betoog. (Foto: Luis Tato/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.