Die wêreld in foto’s – 14 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Duiker in ʼn Kersvaderpak voer visse by die Manila-oseanarium in Manila in die Filippyne. (Foto: Rouelle Umali, Xinhua)

Mark Lutte, die Nederlandse eerste minister, praat by sy aankoms op ʼn tweedaagse EU-beraad in Brussel, België. (Foto: Ye Pingfan, Xinhua)

Mense op ʼn strand in Mumbai, Indië. (Foto: Stringer, Xinhua)

Twee ganse baklei Vrydag by die Main-rivier in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Man loop in die omgewing van die Champs Élysées in Parys verby graffiti wat lees: “2008: Ons het nie vergeet nie, gee ons geld terug.” Mense het die afgelope paar weke in Frankryk betoog oor die Franse regering wat hulle bestempel het as meerderwaardig. (Foto: Raphael Satter, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.