Die wêreld in foto’s – 14 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Michael Bloomberg, presidensiële kandidaat van die Demokrate en voormalige burgemeester van New York, staan by ondersteuners tydens sy “Mike for Black America”-veldtog by die Buffalo Soldiers National Museum in Houston, VSA. (Foto: David J. Phillip, AP)

Buckley, die St. Bernard-kruising waarop die digitale hondekarakter in The Call of the Wild geskoei is, lê op die rooi tapyt tydens die première van dié fliek in die El Capitan-teater in Los Angeles. (Foto: Chris Pizzello, AP)

Passasiers juig terwyl hulle die MS Westerdam verlaat in die Sihanoukville-hawe in Kambodja. Dié skip is geruime tyd lank verhoed om vas te meer uit vrees dat die passasiers met die koronavirus besmet is. (Foto: Heng Sinith, AP)

Siriese soldate patrolleer die snelweg wat die hoofstad, Damaskus, met die noordelike stad Aleppo in Sirië verbind. Die M5-snelweg, wat vandeesweek deur pres. Basjar al-Assad se magte verower is, is ʼn gesogste prys in Sirië se burgeroorlog. Die strategiese snelweg is noodsaaklik vir Sirië se ekonomiese welvaart sowel as vir die vervoer van troepe. (Foto: Sana, AP)

ʼn Man rangskik sonneblomme by ʼn blommewinkel in Manila, Filippyne, op Valentynsdag. Die prys van blomme het die hoogte ingeskiet namate die aanvraag na blomme op dié dag toegeneem het. (Foto: Aaron Favila, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.