Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Brittanje se nuwe premier, Theresa May en haar man arriveer by 10 Downingstraat in Londen, Brittanje. As Brittanje se nuwe premier, het May eers gewag vir Koningin Elizabeth II se seremoniële toestemming, voordat sy en haar gesin die Downingstraat-woning betree het. Foto: Xinhua/Han Yan/wire.africannewsagency.com
Indonesiese polisiebeamptes vergesel vermeende militante wat in hegtenis geneem is na ʼn klopjag in Malang, Oos-Java, Indonesië. Terreurkenners reken die bedreiging wat militante, wat hoofsaaklik versprei is oor die Moslem-gebiede van Indonesië, Maleisië en die suide van die Filippyne inhou, nie onderskat moet word nie, aangesien hulle in ʼn baie gevaarliker gevegsmag kan ontaard met die regte opleiding en leierskap. H.Y. Prabowo/wire.africannewsagency.com
Magnus Ahrens (8) hou ʼn Amerikaanse vlag vas wat aan hom gegee is tydens die begrafnisdiens van sy pa, sesant Lorne Ahrens, by die Restland-begraafplaas in Dallas, Texas. Ahrens was een van vyf polisiebeamptes wat Donderdag tydens ʼn protesoptog in Dallas vermoor is. Foto: AP Tony Gutierrez/wire.africannewsagency.com
Die Franse president, Francois Hollande, staan in die bevelvoertuig saam met sy stafhoof, generaal Pierre de Villiers, op die Champ Elyseeslaan voor die Bastilledagparade in Parys, Frankryk. Foto: AP Photo/Francois Mori/wire.africannewsagency.com
Betogers bid saam buite Los Angeles se stadsaal in Kalifornië, VSA. ʼn Burgerlike jurie het bevind die polisie het verlede jaar regverdig opgetree in die noodlottige skietery van Redel Jones, ʼn swart vrou van Los Angeles. Los Angeles se polisiekommissie se bevinding het Dinsdag tot ʼn emosionele protesoptog aanleiding gegee. Ongeveer 100 mense het vanaf die LAPD-hoofkwartier opgeruk na die nabygeleë stadsaal, waar hulle toegang geweier is. Foto: Nick UT /wire.africannewsagency.com
Maori-vegters van Nieu-Seeland lei ʼn optog by die Champ Elyseeslaan af tydens die Bastilledag-parade in Parys, Frankryk Foto: Francois Mori/wire.africannewsagency.com
ʼn Foto, geneem met ʼn selfoon, wys dubbele reënboë in die stad Chicago in die VSA. Foto: Xinhua/He Xianfeng/wire.africannewsagency.com
Die Peruaanse bul vegter, Roca Rey, word deur ʼn bul omgekeer tydens ʼn geveg by die San Fermin-fees in Pamplona in die noorde van Spanje. Feesgangers van regoor die wêreld stroom jaarliks na Pamplona om deel te neem, met die bulstormloop en bulgevegte van die Plaza de Toros de Ronda-stadion, wat as die grootste trekpleisters dien. Foto: AP Photo/Alvaro Barrientos/wire.africannewsagency.com
ʼn Pyl tref ʼn appel op die kop van Ben Blaque, nadat hy met ʼn kruisboog geskiet het terwyl hy geblinddoek is. Die kruisboog het ʼn reeks kruisboë watvooraf opgestel is, geaktiveer, wat uiteindelik gelei het tot die skoot net bo sy kop. Die toertjie is uitgevoer as deel ʼn voorskou by die mediageleentheid vir die komende “The Illusionists 1903”-skouspel. Die doel van die skouspel is om die goue era van towerkunsopvoerings te laat herleef en sal in die nasionale ouditorium in Mexikostad, Mexiko, opgevoer word tussen 13 en 24 Julie. Foto: Rebecca Blackwell/wire.africannewsagency.com
ʼn Dyk tussen die Liangzi-meer en die Niushan-meer in die Hubai provinsie in China word opgeblaas. Die grondwal van 3.7 kilometer, wat die twee mere skei, is Donderdag deur swaar-gewapende polisielede vernietig in ʼn poging om die bruisende vloedwaters wat die gebied raakk, teen te werk. Foto: Xinhua/Xiao Yijiu/wire.africannewsagency.com