Die wêreld in foto’s – 14 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Sedertdien het die dra van gesigsmaskers die nuwe norm geword.

In ʼn poging om bewustheid te skep oor die dra van maskers in die openbaar het ʼn polisieman in Bali, Indonesië, ʼn tradisionele gesigsmasker gebruik om dié veldtog te steun.

Só lyk die tradisionele Balinese gesigsmasker.

ʼn Polisieman met ʼn “celuluk”, ʼn tradisionele gesigsmasker, tydens ʼn Covid-19-bewusmakingsveldtog. (Foto: Firdia Lisanawati, AP)

ʼn Polisieman met ʼn tradisionele Balinese gesigsmasker in ʼn mark in Bali, Indonesië. (Foto: Firdia Lisanawati, AP)

ʼn Polisieman met ʼn tradisionele Balinese gesigsmasker. (Foto: Firdia Lisanawati, AP)

ʼn Polisieman dra ʼn tradisionele Balinese gesigsmasker tydens ʼn Indonesiese bewusmakingsveldtog. (Foto: Firdia Lisanawati, AP)

ʼn Tradisionele Balinese gesigsmasker. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.