Die wêreld in foto’s – 14 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Moto3-ryer Brad Binder van Suid-Afrika kyk na ʼn monitor tydens ʼn oefensessie vir die MotoGP Japannese Motorfiets Grand Prix by die Twin Ring Motegi-baan buite Tokio. Foto: AP Photo/Shizuo Kambayashi

Chinese toeriste staan vir ʼn foto by ʼn perdekar van ʼn troupaartjie by die Roemerberg-vierkant in Frankfurt, Duitsland. Foto: AP Photo/Michael Probst

ʼn Vrou dra ʼn hooftooisel wat versier is met prente van die oorlede Thai-koning Bhumibol Adulyadej terwyl sy wag om eer te betoon by die Siriraj-hospitaal in Bangkok. Die meeste mense het Vrydag swart gedra nadat aangekondig is dat die dag ʼn vakansiedag sal wees. Foto: AP Photo/Kittinun Rodsupan

Die parlementsgebou in Bern, Switserland, is versier met ligbeelde vir die 150ste herdenking van die Switserse Rooikruis. Foto: Lukas Lehmann/Keystone via AP

Bruid Kong Ning voer ʼn tradisionele dans uit tydens haar troue in Tacheng, China. Foto: Xinhua/Zhao Ge

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marcel ·

Ek love die berigte van al die fotos. Moet sê, wel gedaan julle. Enigste koerant wat so iets doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.