Die wêreld in foto’s – 17 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het openbare geriewe, insluitend pretparke, tydelik hul deure gesluit.

Thailand het egter afsonderingmaatreëls vir sakeondernemings opgehef nadat geen aktiewe Covid-19-gevalle die afgelope drie weke aangemeld is nie. Gevolglik het die inwoners van Bangkok die kans benut om te baljaar by hul plaaslike pretpark.

Só geniet Thais die pretpark nadat afsonderingsmaatreëls in Bangkok gedeeltelik opgehef is.

Besoekers aan die Siam Amazing-pretpark in Bangkok ry op ʼn tuimeltrein. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ʼn Pretpark-besoeker op ʼn waterglybaan. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

Besoekers aan die Siam Amazing-pretpark ry op ʼn tuimeltrein wat aan regulasies vir sosiale afstandhandhawing voldoen. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

Twee besoekers geniet ʼn glybaan by ʼn pretpark in Bangkok, Thailand. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ʼn Besoeker tref die water op ʼn glybaan. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie ·

Is dit regtig nodig om vir ons prentjies van watersports te wys as dit so koud is? :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.