Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Iranse vroue Vrydag in die stad Qum, 125 km suid van die hoofstad Tehran, besig om deel te neem aan dié land se presidensiële en munisipale verkiesings. Foto: Ebrahim Noroozi, AP
Geisjas Vrydag op pad na die Sensoji-tempel tydens die Sanja-fees in Tokio, Japan. Dié fees is een van drie groot feeste in dié land. Foto: Eugene Hoshiko, AP
ʼn Onwettige immigrant word Vrydag aan wal gebring deur lede van die Libiese kuswag in Guarabouli, ʼn kusdorpie oos van Tripoli, dié land se hoofstad. Foto: Hamza Turkia, Xinhua
ʼn Stoomlokomotief wat dateer van 1953 in ʼn veld raapsaad naby Posewald in die noorde van Duitsland. Foto: Jens Buettner, AP
Die Disney-oord in Sjanghai in China het onlangs sy 10 miljoenste besoeker verwelkom. Foto: Ren Long, Xinhua
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Dit is nie raapsaad nie maar canola.