Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag:
Te midde van die Covid-19-pandemie het Rusland die Nazi-inval van die Sowjetunie 79 jaar gelede herdenk. Soldate wat gesneuwel het in die Tweede Wêreldoorlog word jaarliks op dié dag in Rusland in herinnering geroep.
Só herdenk Rusland dié dag.

Mense steek kerse aan in ʼn simboliese lyn van herdenking op die Krimskaja-esplanade langs die Moskou-rivier net voor sonop, die tyd toe Nazi Duitsland die Sowjetunie 79 jaar gelede binnegeval het. (Foto: Sergei Kiselev/Moscow News Agency, AP)

Mense steek kerse aan in ʼn simboliese lyn van herdenking op die Krimskaja-esplanade langs die Moskou-rivier. (Foto: Sergei Kiselev/Moscow News Agency, AP)

Mense lê blomme neer en steek kerse aan by die graf van die onbekende soldaat in Moskou, Rusland. (Foto: Sergei Kiselev/Moscow News Agency, AP)