Die wêreld in foto’s – 26 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die son steek sy kop aan die kant van die Empire State-gebou uit , soos gesien vanaf Jersey City, New Jersey. (Foto: Julio Cortez, AP)

Jong mense duik in die meer van Walensee in Walenstadt, Switserland. Die land ervaar ʼn hittegolf en temperature kan tot 39 grade Celsius styg. (Foto: Gian Ehrenzeller, AP)

Weerspieëling van die Osaka-kasteel in ʼn dam tydens skemertyd in Osaka, Wes-Japan. Osaka bied die G-20-beraad aan wat Vrydag afskop. (Foto: Jae C. Hong, AP)

Tente van feesgangers is opgeslaan by die Glastonbury-fees by Worthy Farm in Somerset, Engeland. Die fees strek oor vyf dae en word beskou as een van die grootste gebeurtenisse in sy soort ter wêreld. (Foto: Grant Pollard, AP)

Brittanje se prins William, die hertog van Cambridge, praat met voormalige en huidige diensgebruikers tydens ʼn besoek aan die Albert Kennedy Trust in Londen om meer te leer oor die kwessie van hawelose LGBTQ-jeug en die unieke benadering wat die organisasie gebruik om dié probleem te hanteer. (Foto: Jonathan Brady, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.