Die wêreld in foto’s – 27 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die president van Pole, Andrzej Duda, en oorlewendes van Auschwitz stap deur die hekke van dié Nazi-konsentrasiekamp ter herdenking van 75 jaar se vryheid. (Foto: Czarek Sokolowski, AP)

ʼn Meisie met ʼn masker op spring met ʼn tou by die Incheon Internasionale Lughawe, Suid-Korea, midde van China se pogings om die verspreiding van die koronavirus te beperk. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Reddingswerkers soek na mense wat onder puin begrawe is nadat ʼn gebou ineengestort het weens ʼn aardbewing Saterdag in Elazig in die ooste van Turkye. (Foto: Humanitarian Relief Foundation, AP)

Die Houston Rockets-senter Tyson Chandler huil tydens ʼn huldeblyk aan Kobe Bryant voor ʼn NBA-basketbalwedstryd teen die Denver Nuggets. Bryant is Sondag in ʼn helikopterongeluk in Kalifornië dood. (Foto: David Zalubowski, AP)

Libanese veiligheidsmagte raak handgemeen met betogers wat ʼn pad na die parlementsgebou in die middestad van Beiroet, Libanon, versper. Wetgewers sal binnekort met ʼn tweedaagse bespreking begin en later die goedkeuring van die begroting te midde van ’n verlammende finansiële krisis. (Foto: Hassan Ammar, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swanna ·

Daardie man van die veiligheids wag het iets BAIE lelik of verkeerds vir daardie Tannie gesê en sy is nie ‘n betoger nie.

Anni ·

Die wereld foto’s vd jaar, Maar dis net oorsee. Tog was mooi fotos in ons land ook. Praat ni van betoging en nonsens ni. Mooi reen byvoorbeeld

MarieM ·

@Anni – die wêreld in foto’s, nie foto’s van die jaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.