Die wêreld in foto’s – 28 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

President Donald Trump, Japan se eerste minister, Shinzo Abe (middel), en Indiese eerste minister, Narendra Modi (regs), lag saam aan die begin van hulle ontmoeting by die G-20-beraad in Osaka, Japan. (Foto: Susan Walsh, AP)

Mense geniet die water op die Bassin de la Villette in Parys, Frankryk. Skole spuit kinders nat met water en ouetehuise voorsien bejaardes van hidrasiesensors. Die meeste dele van Europa ervaar tans ʼn erge hittegolf. (Foto: Lewis Joly, AP)

Britse Mercedes-bestuurder Lewis Hamilton loop tydens die eerste vrye oefensessie vir die Oostenrykse Formule Een Grand Prix-wedren by die Red Bull Ring-renbaan in Spielberg, in die suide van Oostenryk. Die wedren vind Sondag plaas. (Foto: Ronald Zak, AP)

Geboue is te sien al langs die Main-rivier in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Sprinkaan sit op ʼn sonneblom in Rheinau, Duitsland. (Foto: Patrick Seeger, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.