Die wêreld in foto’s – 31 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Baba Jesus-poppe word op die enjinkap van ʼn motor uitgestal in Michoacan, Meksiko, voor die viering van Dia de la Candelaria of die Maria-Ligmis op 2 Februarie. (Foto: Rebecca Blackwell, AP)

Timea Babos van Hongarye en Kristina Mladenovic van Frankryk soen die Australiese Ope-dubbelspeltrofee vir vroue nadat hulle die Taiwannese Hsieh Su-Wei en Barbora Strycova van die Tsjeggiese Republiek by die tennistoernooi in Melbourne, Australië, verslaan het. (Foto: Andy Wong, AP)

Begrafnisondernemers ontsmet hulself ná die hantering van ʼn koronavirusslagoffer in Wuhan, China. (Foto: Chinatopix, AP)

Betogers het ʼn polisiebeampte met rooi verf gegooi tydens ʼn protesoptog teen die moord op twee vroue in Meksiko-stad. Twee vroue-aktiviste, die prokureur Yunuen Lopez Sanchez en Isabel Cabanillas de la Torre, is die afgelope week vermoor. (Foto: Ginnette Riquelme, AP)

Britse parlementslede dra ʼn Britse vlag (Union Jack) terwyl hulle met hul bagasie uit die Europese parlement in Brussel marsjeer om die Eurostar-trein terug na Brittanje te neem. (Foto: Francisco Seco, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.