Die wêreld in foto’s – 6 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 is miljoene mense werkloos gelaat as gevolg van die ekonomiese impak van dié pandemie. Dit is egter nie net mense wat “werkloos” gelaat is nie.

ʼn Trop van 11 olifante in Thailand het hul werk by parke verloor weens  ʼn afname in besoekers tydens die Covid-19-pandemie. Gevolglik het die Save Elephant-stigting dié trop gehelp om die 150 km na hul natuurlike habitat in Ban Huay, Thailand, af te lê.

Só lyk die olifante wat sak en pak op pad is huis toe.

ʼn Trop van 11 olifante op pad van Mae Wang na Ban Huay in die noorde van Thailand. (Foto: Save Elephant Foundation, AP)

Die trop rus op die oewer van ʼn rivier. (Foto: Save Elephant Foundation, AP)

Die olifante word deur werkers van die Save Elephant-stigting begelei. (Foto: Save Elephant Foundation, AP)

ʼn Trop van 11 olifante op pad na Ban Huay in Thailand. (Foto: Save Elephant Foundation, AP)

Die olifante pak ʼn grondpad aan op pad na Ban Huay in Thailand. (Foto: Save Elephant Foundation, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ou Baardbek ·

Ai tog! Hoe wens ek nie dat ek ook daar kon wees nie!! Om met my geliefde diere te kan werk, met hulle te gesels, aan hulle te vat, en saam die pad met hulle te kan stap, kan jy nie vir ‘n oningeligte “buitestaander” beskryf nie!!

SomeOne ·

dis net jammer dat die ou grootte in die laaste prentjie nog sy ketting of tou om sy poot het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.