Die wêreld in foto’s – 6 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sarah Jessica Parker by die Harry Potter and the Cursed Child-bekendstelling in Times Square in New York. (Foto: Charles Sykes, AP)

ʼn Model is geklee in uitrusting van The Devonation deur Devon Yan-modeversameling tydens die “DapperQ”-modeparade in die Brooklyn-museum in New York. (Foto: Jeenah Moon, AP)

ʼn Vrou loop verby graffiti in Harare. Robert Mugabe, die voormalige president van Zimbabwe, is Vrydagoggend in die ouderdom van 95 jaar dood. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

Lede van die Sindhi-gemeenskap dra erdepotte op hul koppe tydens ʼn godsdienstige optog ter viering van die einde van Chaliho Sahib-fees in Ahmadabad, Indië. Die Chaliho Sahib-fees word gevier met ʼn 40 dae lange vas. (Foto: Ajit Solanki, AP)

Vroue sing terwyl pous Franciskus by die Zimpeto-stadion in Maputo, Mosambiek, opdaag vir die viering van die nagmaal. Hy vertrek later vandag na Madagaskar om sy weeklange Afrika-reis voort te sit. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.