“Ons wil graag ons innige meegevoel met die leerders se familie, vriende en die skool betuig in hierdie moeilike tyd.”
Lees meerAlles vir Vrydag 6 September 2019
Chester Williams oorlede
Die Springboklegende Chester Williams is Vrydag in die ouderdom van 49 oorlede.
Minister onthul studente se slenters met beursgeld
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het in die parlement onthul hoedat behoeftige studente allerlei slenters uithaal om geld wat hulle deur die Nasionale Finansieringshulpskema vir Studente (NSFAS) bekom, vir ander doeleindes as die aankoop van boeke te gebruik.
Jong man by huis doodgeskiet
ʼn 27-jarige man is Vrydag in die vroeë oggendure by sy huis in Benoni aan die Oos-Rand doodgeskiet.
Regeringsyfers toon afname in plaasmoorde
Plaasmoorde in Suid-Afrika is besig om beduidend te daal, het die minister van polisie, genl. Bheki Cele, in die parlement gesê.
ToekomsVenster: U is die Christus
Dié belydenis plaas Christus in die sentrum van jou lewe. Hy is die belangrikste en gee die toon aan.
Huiseienaar brand op rowers los
Die 38-jarige huiseienaar se vrou was glo omstreeks 08:00 in die motor en op pad om te ry om die kinders skool toe te vat, toe die drie gewapende mans toegeslaan het.
Resensie: Meesleurende ‘Kamphoer’ ʼn móét
Twee boeke later is die verhaal van Susan Nell, wat die ergste onnoembare oorgekom het in die konsentrasiekamp Winburg tydens die Anglo-Boereoorlog, miskien aan baie van ons bekend, maar hierdie toneelstuk pak dit nuut aan.
NVG gaan EFF se Malema en Ndlozi vervolg
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat EFF-leier Julius Malema en die party se woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi vervolg gaan word.
Foto’s: Bokke neem wraak teen Japan
Dit was beslis nie die mees aanskoulike wedstryd nie, maar wel akkuraat en doeltreffend genoeg om die Brighton-spook van 2015 finaal te verdryf.
Pa in hof ná moord op 4 kinders
Sibusiso Mpungose (44) het Vrydag in die Pinetown-landdroshof verskyn nadat hy glo sy drie kinders opgehang en sy stiefdogter verwurg het.
Dié land die beste ter wêreld om te besoek
Wanneer jy besluit op ʼn buitelandse vakansiebestemming is daar verskeie aspekte wat in ag geneem word – die land se kultuur, kos, ontspanningsaktiwiteite, beskikbare akkommodasie, toeriste se veiligheid in die land, ensovoorts.
‘Los ons Steve uit!’
Hofmeyr het tydens die toekenningsgeleentheid gesê dit was ’n stormagtige drie dekades.
Botsing eis 7 naby Stutterheim
Al twee motorbestuurders is in die ongeluk dood.
Verpleegkunde-student buite hospitaal ontvoer, verkrag
Die student is by die voetgangerbrug buite die hospitaal ontvoer en in die bosse in Bishop Lavis verkrag.
Dalk die oudste ma ooit?
“Dit gaan goed met ma en babas. Tien dokters het nege maande lank gewerk om haar gesondheid dop te hou. Dit is ʼn mediese wonderwerk.”
‘Survivor SA’: ‘Dit is vernederend’
Indien jy nog nie gisteraand se episode van Survivor SA gekyk het nie, moet jy eerder nie hier lees nie, anders gaan jy sien wie uitgestem is.
Zuma moet opdok, verskoning vra oor Hanekom-twiet
Hanekom, ʼn lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, het die lastereis teen Zuma ingestel nadat die oudpresident die twiet geplaas het waarin hy na Hanekom as ʼn “bekende agent van die vyand” verwys.
Kom luister na Breyten-gedigte
Die Vox Kamerkoor, in samewerking met die Departement van Afrikaans en Nederlands by Unisa, vier op Sondag 8 September die digter Breyten Breytenbach se 80ste verjaardag met ’n toonsetting van dié digter se gedig, “Lotus”.
Xander Bylsma: Bekentenis, uitwysings voorlopig toegelaat
Bylsma hou vol hy is destyds gedreig en aangesê om die bekentenis te maak en dat hy onskuldig is.