Jong man by huis doodgeskiet

Wynand en sy verloofde Sumandi. Foto: Facebook

ʼn 27-jarige man is Vrydag in die vroeë oggendure by sy huis in Benoni aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Wynand Labuschagne is by sy huis in Brentwoodpark dood nadat hy in die bolyf geskiet is.

Volgens kapt. Nomsa Sekele, woordvoerder van die polisie, het Labuschagne en sy verloofde, Sumandi Janse van Rensburg, omstreeks 03:00 geluide gehoor waarna Labuschagne gaan ondersoek instel het.

Sekele het gesê Labuschagne is by die huis se voordeur geskiet en hy is op die toneel dood. Bure het glo gesien hoe drie verdagtes van die toneel vlug deur oor ʼn muur te spring.

“Niks is tydens die voorval gesteel nie en die polisie het ʼn grootskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Meer besonderhede oor die voorval is nog nie in dié stadium bekend nie.

ʼn Familielid het aan Maroela Media gesê dinge is nog baie deurmekaar en hulle is besig om begrafnisreëlings te tref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Willehond ·

Deesdae stel mens nie meer ondersoek in sonder n vuurwapen nie! Punt! Meegevoel aan die naasbestaandes.

Susan ·

Bid vir julle ????
Om so onverwags van ‘n geliefde afskeid te neem is tragies. Sterkte aan almal betrokke

The Crow ·

Ek is so jamner vir julle verlies. So onnodig en hartseer.

Bert ·

Baie erg, baie sterkte die tyd wat voorlè.
Vreselik om te dink dat as Wynand eerste geskiet het hy sou aangekla is van moord.

Johnna ·

En so gaan dit aan elke dag geen wet en order in ons land meer nie.Sterkte

Tanya ·

En nou wprd daar geskryf moord syfer is af. Vir jou familie ouers vrou kinders mag jy RIP Sharon en familie ek dink aan julle van Annatjie

Pottie ·

Kom ek se jou wat is tragies ons blankes wat nie ore het nie dit is tragies

Ruby ·

Baie sterkte meisie, dit is verskriklik as ñ geliefde van jou af weggeruk word.

Sterkte ook aan Chester Williams se vrou, Maria. Hy is vandag dood aan ñ hartaanval.

Pottie ·

Broer ons het nie ore nie die anc is terroriste hulle werk met hulle plan en ons braai en relax as ons wakker skrik is dit te laat

Pottie ·

Kom ek se jou wat is tragies ons blankes wat nie ore het nie dit is tragies

Verskil ·

Uit ‘n populasie van amper 60 miljoen waarvan uiters min blank is is dit voor die hand liggend dat die misdadigers meestal swart is, maar dit skok my deesdae om te hoor hoeveel blankes in ons land moorde pleeg. Ons is maar net so sleg en kan nie meer oordeel nie. Afrikaners is veral bekend vir gesinsmoorde.

Believeitornot ·

Dankie tog iemand sê dit…..elke tweede dag is daar so geval…. of hulle ontvoer kinders ..

Corrien ·

Ek voel sleg en jammer vir sy familie. Ongelukkig dink ek tegelykertyd aan my ja stemmer skoonouers.

Tragies ·

@pottie, kom oor jouself, hoeveel keer wil jy dit nog sê? Almal weet dit, maar doen dit nogsteeds, dis menslik. Sterkte aan sy geliefdes met die pad van verlange en hatseer.

Manie van Worcester ·

jy lees Pottie verkeerd my vriend, ons sal moet wakker word die fillistyne is op ons en tussen ons. Is jy paraat

Manie van Worcester ·

Pottie, jy redeneer soos n Pottie wat ek ken, my broer ons moet begin bymekaarkom, ons wat dinge sien soos dit is. Keep yourself alive

Pottie ·

Manie laat die mense maar se wat hulle wil baie van hulle was nie op die grens nie die anc is n klomp terroriste hulle gaan baie van ons onkant betrap ons gaan iets moet doen om vir die anc te wys hulle kannie en gaan nie aan hou om met ons te mors nie die probleem is ons kla en baie mense het baie te se maar ons doen niks die anc is wakker mense al dink julle nie so nie hoekom het hulle verpligte diensplig gestop gaan dink bietjie vir julle self

Pottie ·

Ons gaan moet by mekaar kom manie hier is baie mense wat baie rustig is en dit is nie n goeie ding nie

Summie ·

Join die Suidlanders, hulle is al groep wat ‘n behoorlike uitgewerkte plan het as die Paw-Paw die Fan tref !

Frans C ·

My innige simpatie aan die familie en verloofde van die vermoorde jong man.Dit is duidelik dat misdadigers in Suid Afrika nie God en sy gebod en die polisie vrees nie en ‘n skrikbewind onder die inwoners van die land voer.

Om te sê Blankes het nie ore nie ,is onsinnig want ‘n mens is nêrens veilig nie en die beste veiligheidmaatreëls koop net een ding en dit is tyd.Met hoeksnyers wat vrylik beskikbaar is word gewone veiligheidtralies afgeknip soos ‘n warm mes wat deur botter gly.

Wat tans in Suid Afrika gebeur was die lot van Blankes dwarsdeur Afrika waar sg
Vryheidorganisasies die regering oorgeneem het.Dit is tragies want die Blanke aan die Suid punt van Afrika is die laaste grootskaalse blanke bevolking in Afrika.Al die ander het pad gegee, die Belge,die Portugese,die Franse ens meesal terug na hul lande van herkoms.

En die wêreld wat so gretig was omregeringsveranderinge hier te sien het hul rug op die
Blankes gedraai en doen bittermin om druk op die mislukte ANC-regering uit te oefen want dit sou in ‘n mate ‘n erkenning wees dat hul die verkeerde perd opgesaal het.

Pottie ·

Ek stem frans dit is juis die probleem ons blankes is op die oomblik kwesbaar en as ek se ons het nie ore dan bedoel ek ons sien wat om ons aan gaan hoeveel van boere is al vermoor ons praat van jong man wat sy lewe verloor het soos baie ander in die land is niemand meer veilig nie almal van ons moet op die agter voet wees frans piet retief het met dingaan gaan probeer onderhandel toe moor hy hulle uit fw de klerk het met mandela gaan onderhandel en kyk waar is ons nou dit is hoekom ek se ons het nie ore nie as daar mense is wat met n terroris wil onderhandel maak so nie ek nie was op die grens het baie gesien

kos ·

jys verkeerd die buitelandse leiers is maar nog al die jare anti wit…hulle is deel vd eenwereldregering waar daar nie plek is vir blankes of christene nie,,,

Ma ·

Ons kinders het wakker geword, met die rowers 3 uur in die oggend reeds in die huis. Jy is deur mekaar, jy skrik spring op,natuurlike reaksie, en toe hy in die voorhuiskom skiet hulle hom.

Michael P ·

Ma. Dit is hoe terroriste operate op n baie lafhartige manier.

GL ·

Ek stem saam Pottie. Ek en my vrou was n rukkie terug aangeval in my huis. Hulle was blykbaar 4 , ek het dadelik my vuurwapen gegryp wat langs my was en eerste op hulle geskiet. Hulle het baie vinnig weg gehardloop en net twee wilde skote terug geskiet sommer in die hardloop. Baie mense het gevra hoe ek dit reg gekry het.
1. ek is geleer n terroris is n lafhaard en nie baie slim nie, die res is natuurlike reaksie.

Oom Johan ·

Wat vir my kommerwekkend is, is dat deesdae se jong mense nie geld vir handwapens het nie, ook nie belangstel in wapen-opleiding nie………… maar hulle’t geld om duisende rande aan tatoeërkuns aan hul mooi, perfek-geskape lywe aan te bring! Sien nou die dag so ‘n jong belhalm met lyfkuns tot oor sy ore bedek en ek vra hom wat dit kos? Was aangenaam verras dat hy al meer as twintig duisend rand daarop spandeer het! Wat kos ‘n goeie 9mm?

Summie ·

Moet sê ek stem ongelukkig saam oom Johan .Ons moet onself BEWAPEN , BEWAPEN en nogmaals BEWAPEN!!! Dit is al genade. Maar DAN moet jy natuurlik ook WEET HOE om daai wapen te gebruik ! Gaan gereeld vir skietlesse en wees ALTYD op jou hoede. En Bly op jul knieë in gebed vir julle geliefdes. Mag God met ons wees in hiedie mooi land van ons.

Pottie ·

Dit is hoekom die anc diensplig gestop het oom ek is jammer om dit te se maar baie van ons jong manne peteken niks en dit is die anc terroriste se hele plan ons raak oud ons tyd raak klaar dit is hoekom ons nou iets moet doen as ons nie meer daar is nie en daar kom moeilikheid wat gaan die jong manne hoe gaan hulle hulle vrouens en kinders beskerm ons slaap mense

Peet J ·

Die pad vorentoe vir ons wittes met familie en kinders is vinnig besig om in die nuwe SA te ontrafel
Malema moedig swartmense op twitter aan om hul woede op witmense uit te haal
Magashule vra oor geweld teen witmense
Die ANC is tengunste daarvan om die wittes se eiendom te onteien sonder vergoeding
Ek mag verkeerd wees maar ek vermoed die swartes se optredes sal tot ‘n sekere mate ‘n onuithoubare situasie vir die wittes skep.

Johann van Cullinan ·

Ja en wat van daardie anc ou wat vra hoekom die xenifobiese aanvalle nie ook op ons blankes kan draai nie.

Aksie SA ·

Wees ten alle tye paraat, maar ook WEERBAAR! Beskerm jou geliefdes, jou eiendom en besittings met alles moontlik. Kry beskermingsmaatreëls in plek, oefen om dit effektief te gebruik….. en doen dan die nodige! Kriminele het GEEN reg om onskuldige, produktiewe lewens te bedreig, vermink of te vermoor nie. Die eeen wat eerste slaan, wen die geveg…. slaan terug!

Kootjie ·

Nee wat:! Hulle is almal Komuniste soo gebreinspoel deur die jare! Wil ons net almal dood en uit die paduit he! Dan sal hulle dalk beter voel!

Waarheid ·

Asb jong manne los daai spelletjies kyk op boerelegioen webblad sluit aan raak FIKS liggaam en geestelik asb vir jou behoud en jou geliefdes sin spyt kom altyd te laat.

Christine ·

Sterkte aan verloofde en familie , maar as jy iets hoor sluit jou toe en bel sekuriteits mense of familie.

Jo Ali ·

Daar is baie wat ek mee saam stem maar eending wat verseker is God kan en wil en sal help maar mense wil nie na God se reels wandel nie maar verwag in tye van nood moet God help mense kom ons raak gehoorsaam aan God daar is soveel lawwe en onsunnige dinge wat mense mee besig is en sien dan nie die gevare raak. My hartis met die families wat die hartseer moet deurgaan en dit so onnodig Jammer, Jammer.

Mizelle ·

Tragies! My innige meegevoel en simpatie aan die familie en naasbestaandes. Mag Hy jul vashou en vertroos in hierdie hartseer tyd.

Ek moet egter saamstem met van die kommentare hierbo: daar is geen rede om te glo dat misdaadvlakke weer sal daal, ons land is wetteloos en het na my mening in anargie verval, dis moord op moord, daagliks. Die polisie sal nooit weer beheer oor misdaad kry. Vir diegene van ons wat nie kan emigreer, BEWAPEN jouself en wees ten alle tye paraat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.