Pa in hof ná moord op 4 kinders

Sibusiso Mpungose in die hof. Foto: Leon Lestrade/African News Agency(ANA).

Sibusiso Mpungose (44) het Vrydag in die Pinetown-landdroshof verskyn nadat hy glo sy drie kinders opgehang en sy stiefdogter verwurg het.

Die saak teen Mpungose is tot 9 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Die hof het gehoor Mpungose, van Durban, sal nie om borgtog aansoek doen nie. Hy gaan egter wel om regshulp aansoek doen.

Mpungose is Woensdag in KwaDabeka, wes van Durban, in hegtenis geneem ná die moorde Dinsdag in Wyebank plaasgevind het.

Hy het glo sy drie jongste kinders, onderskeidelik vier, ses en 10 jaar oud, in die gesin se huis opgehang nadat hy hulle by die skool opgelaai het.

Mpungose het glo hierna sy 16-jarige stiefdogter by haar skool ontvoer en verwurg voor hy haar liggaam in ʼn boom gehang het.

Mpungose en sy vrou is glo aan’t skei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nonnie ·

Ons president kan hiermee nou sy punt bewys dat daar opgetree gaan word teen sulke brutaliteit – maak dit ‘n kort hofsaak, hy is mos skuldig! Kry dit oor en verby.

se maar net ·

en weier sommer regshulp ook, Dit sal dinge aansienlik vergemaklik

Marlene ·

Ek stem. Lewenslank sonder parool ooit. Hy moet sy laaste asem in die tronk uitblaas.

JM ·

Ek verstaan nie, die vorige berig sê hy het sy 3 kinders en sy stiefdogter by hulle skool gaan haal en hierdie berig sê die moorde is Sondag gepleeg? Daar is mos nie skool op Sondae nie.

Ek wens oortreders in gevalle soos die kon op ‘n meer permanente manier uit die samelewing verwyder word.

Nico Strydom ·

Dagsê JM
Jammer vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete

Essie ·

Is dit nou nie meer n bewys dat die doodstraf moet terug kom nie

Pray ·

4 onskuldige moorde…..DOODSTRAF!!!! Hy het geen reg om te lewe nie…….

Liezl ·

Presies Pray….4 onskuldiges het aan die tou gesterf, hoekom kan hy nie ook nie? Dis mos niks minder as reg as hulle hom ‘n tou om die nek sit. Hy was dan nou die brawe laksman. Belaglik

Mornay ·

Lewens lank sonder parool vir almal wat moor so se CR nou wys vir ons jy praat nie net nie

want ons gaan nie gou die tou sien terug kom nie dis klaar besluit 1995

George ·

Wat ek nou regtig nie kan verstaan nie is dat wanneer jy seker weet wie die moordenaar is ..die een hofsaak na die ander gaan plaasvind en op die ou end jare duur soos met elke moord wat al gepleeg is. Kan mense nie logies wees nie?

Marinda ·

Dit is vreeslik en my hart gaan uit na hierdie ma wat haar kinders op so manier verloor het. Sterkte aan haar en ek bid dat God haar styf in sy arms sal hou deur hierdie baie moeilike tyd.

Ongelukkig sal die man hierdie kruis moet dra, maar ek hoop hulle vind uit wat hom so laat op tree het. Sodat hierdie ander kan help. As mens hulp nodig het, vra of kry dit. Wat ookal hom of haar na so iets dryf. Dis nie net mans wat hierdie daad pleeg nie.

Seemonster ·

Marinda, ek dink een van 2 redes, of altwee waarom hy dit gedoen het:
1. Hy kan nie hanteer dat hy geskei word nie en die moorde as gruwelike wraak gepleeg
2. Sien nie kans vir die finansiële verpligting nie

Arno Scheepers ·

En die doodstraf is hoekom nie gepas nie?
O Ja ..die reg op lewe. Vertel dit cyril vir daai onskuldige vier kinders.

Seemonster ·

Arno, CR kan nie meer vir die kinders vertel nie. Hy moet dit vir die ma en die res van die familie vertel.

Niklaas ·

Dis nou vreeslike wraak daardie. Om die ma sekerlik verskriklik te straf omdat daar geskei word. 4 Onskuldige kinders .Ons sal nou moet sien of die straf paslik en swaar genoeg gaan wees vir hierdie onstabiele wese. Daai arme moeder en naaste familie , ek kry hulle so jammer.

Rina ·

het jul mooi gelees die oortreders gaan ook gerehab word lol wat n grap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.