NVG gaan EFF se Malema en Ndlozi vervolg

EFF-leier Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat EFF-leier Julius Malema en die party se woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi vervolg gaan word vir die beweerde aanranding van ʼn polisiebeampte.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het gesê die NVG het dit ook aan die burgerregte-organisasie bevestig.

Dít volg nadat AfriForum in Julie vanjaar aangekondig het dat hy die hof gaan nader met ’n mandamus-aansoek om die NVG te verplig om besluite te neem oor die vervolging van Malema rakende hierdie en twee ander hangende sake teen hom.

EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi. (Foto: Facebook)

Malema en Ndlozi het in April 2018 na bewering ’n senior polisieman in uniform by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela aangerand. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang.

Die senior polisieman het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak, maar dit het geen polisie-aandag geniet totdat AfriForum se privaat vervolgingseenheid in Januarie 2019 navraag oor die ondersoek gedoen het nie.

“Hoewel ons die NVG se besluit om te vervolg verwelkom, is dit betreurenswaardig dat AfriForum sóveel druk op hulle moet uitoefen om bloot hul grondwetlike plig na te kom.

“Ons sal die verloop van die saak noukeurig volg om te verseker dat geregtigheid vir die klaer geskied,” het Nel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Arno Scheepers ·

Ai hoe lekker lag ek nou.
Wat is die ergste NVG of NGV?

Hanna Hoekom ·

Wat het van die saak geword waarin die blanke sekuriteitsbeampte by die Parlement aangerand is? Omtrent n jaar gelede. Video was wyd versprei. Dit was ook die EFF se handewerk.

Wonder net ·

Goeie nuus maaaarrrrr———–
ek dink dieselfde gaan gebeur as met D Zuma se saak.
Die NVG moet vervolg anders moet hulle toestemming gee vir privaatvervolging.
Vervolg hulle self is die mense onskuldig na al die uitgestelde hofsake en kraai geen haan weer daarna nie.
Met privaatvervolging kan die uitslag nie so maklik gemanupileer word nie.
Dus na al die druk sal die NVG liewers self vervolg.

Leon Gansbaai ·

Jy moet ‘n absolute gek wees om Afriforum en Solidariteit nog te kritiseer! Hierdie mense is ons laaste skans teen totale anargie en skeefgetrekte regsbesluite. Julle kritici daarbuite: Bly liewer stil of plaas werkbare alternatiewe op die tafel. Dankie Afriforum!

leser ·

wat van al die ander sake teen malema en sy snare, wanneer gaan die sake in die hof draai ?

Johanna Botha ·

Wat van VBS bank en belasting ontduiking van Onpoint wat sy besigheid se naam was ?

A ·

As dit wittes is hoef niemand hulle te vra om mense aan te kla nie maar o wee as dit andersom is, is hulle useless

Fake Freedom ·

Die knapies dink as jy n beret posit is jy n freedom fighter! Nogal n rooi een. Kyk hoe lyk Zimbabwe vandag ! Vry, maar bankrot. Vervolg die knapies wat polisielede aanrand!

Anoniem ·

As die twee maar net n ’vlag’ was dan was daar lankal teen hulle oogetree!

Neels ·

Ag moet nie julle hoop daarop vestig dat die vetvolging sukses vol sal wees nie. Hulle gaan n datum kry en dan word dit weer uitgestel totdat dit n stilke doid sterf

Cherokee ·

Miskien is jy reg Neels. Waarskynlik wil hulle dit self te doen sodat dit ‘n stilke doid kan sterf.

Manie ·

Hoop die hofsaak hou hom besig dat sy klein brein nie meer strooi kan uitdink

Kasper ·

Die NVG sal aspris hierdie saak laat sneuwel deur foute en inkompetensie, selfde as wat gebeur het met zuma se seun. Hou dop hier sal absoluut dadels van kom en op die einde van die dag sal die eff maar net nog meer haat aanblaas teen wit mense.

Pieter ·

Onthou Mnr. Nel hou die saak noukeurig dop. Die hoof doel is om vir hulle `n kriminele rekord te kry. Bye bye belasting betaler se gravy trein.

Swart Piet ·

Stem saam met jou Pieter, maar onthou ook dat die EFF tans die ANC se skootbrak is. CR17 het mos geld gegee aan EFF lede, so die EFF doen die ANC se vuil werk. So ek glo dat die ANC dinge so sal draai dat die knape nie kriminele rekords sal kry nie.

Leon ·

Eienaardig hoe die aangeleentheid verloop het. Watter prosedure word gevolg as ek of my buurman ‘n polisiebeampte in die openbaar aanrand? Moet iemand dan ook eers besluit of ons vervolg moet word en moet iemand anders ingryp om geregtigheid te laat geskied?

Swanna ·

Soos die spreek woord sê:” sien is glo” kom ons sien of dit gaan gebeur en dan glo ons dat iets aan die gebeur is.

Jerry ·

In die huidige politieke klimaat is dit wat moet gebeur, swart moet swart vervolg terwyl wit en die buiteland die verloop van sake monitor en eintlik beheer. Dit veroorsaak rassespanning wanneer Afriforum swart moet vervolg, daarom is hierdie besluit van die NVG goeie nuus omrede dit beslis die geloofwaardig van die NVG sal toets, asook of die eff steeds “untouchables” gaan wees of nie!

Hennie ·

Leon noem een saak wat hulle suksesvol gewen net soos ou Bolhuis.

ana ·

They must be removed from society. They are unfit to serve S.A. They are a threat to people of a certain race. If they still serve S.A you ‘ll know that it’s the will of C.R to have them there and he loves them. The President can remove them at once he has the power to do so. But he likes their way of thinking.They are mentally not well and has to go to a mental institution. It’s 2019 no need for racism. The future is exiting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.