Die wêreld in foto’s – 7 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Dawn Staley, basketbal-afrigter van Suid-Carolina, dra geverfde stewels om hulde te bring aan Kobe Bryant en sy dogter Gianna tydens die tweede helfte van dié span se NCAA-wedstryd teen Arkansas in Noord-Carolina, VSA. (Foto: Michael Woods, AP)

ʼn Man loop verby ʼn sneeubedekte rivieroewer met die woorde “Vaarwel Li Wenliang”. Die dood van dié dokter wat ʼn fluitjieblaser met betrekking tot die koronavirus was, het gelei tot heelwat lof, maar eweneens woede jeens die kommunistiese owerhede deur mense wat meen die owerheid het politiek bó mense se welstand gestel. (Foto: Chinatopix, AP)

Die Amerikaanse ruimtevaarder Christina Koch het Donderdag 150 km suidoos van Zhezkazgan in Kazakstan geland ná ʼn ruimtesending van 328 dae. (Foto: Sergei Ilnitsky, AP)

Twee mense vind skuiling teen die reën onder sambrele in Sydney, Australië. Die reën bied effense verligting in gebiede wat sedert September verlede jaar brand. Dié land se buro vir meteorologie het intussen waarskuwings uitgereik vir slegte weersomstandighede in Nieu-Suid-Wallis. (Foto: Rick Rycroft, AP)

ʼn Brasiliaanse man beset grond by ʼn afgekapte boom uit protes teen die eiendomsontwikkelaar Tenda se planne om woonstelgeboue reg langs die grond van die Guarani Mbya-gemeenskap naby Sao Paulo in Brasilië op te rig. (Foto: Andre Penner, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.