Die wêreld in foto’s – 8 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie moes sakeondernemings wêreldwyd hul deure sluit. Dié bedreiging staar nou ook die bekende Salon Los Angeles in Mexiko-stad in die gesig.

Die ikoniese danssaal, beter bekend as die “katedraal van die mambo”, is al vir langer as vyf maande toe weens die pandemie. Die saal was eens op ʼn tyd ʼn bestemming vir miljoenêrs, skrywers, ambassadeurs en rolprentsterre wat wil dans.

In ʼn poging om dié saal te red het die eienaars ʼn geldinsameling gehou.

Die soetgoedkiosk in die Salon Los Angeles in Mexiko-stad. (foto: Fernando Llano, AP)

Die eienaar van die danssaal wag vir gaste voor die geldinsameling. (Foto: Fernando Llano, AP)

Stoele is onder die Salon Los Angeles se wapen uitgepak tydens ʼn geldinsamelingsgeleentheid om die toekoms van dié saal te verseker. (Foto: Fernando Llano, AP)

Leë stoele en tafels in die “katedraal van die mambo”. (Foto: Fernando Llano, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.