Die wêreld in foto’s – 9 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die VSA se Serena Williams slaan die bal terug na Spanje se Carla Suarez Navarro tydens die vroue-enkelspel op die sewende dag van die Wimbledon-tennistoernooi in Londen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Indië se Jasprit Bumrah vier saam met sy spanlede die paaltjie van Nieu-Seeland se Martin Guptill tydens die halfeindstryd van die Krieketwêreldbeker tussen Indië en Nieu-Seeland by Old Trafford in Manchester, Engeland. (Foto: Dave Thompson, AP)

ʼn Inwoner gooi modderwater uit sy huis ná oorstromings in Tafalla, in die noorde van Spanje. Volgens owerhede het brandweermanne die liggaam van ʼn man gevind nadat sy motor Maandagaand deur die sterk vloedwater meegesleur is. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

Feesgangers hardloop langs ʼn bulstormloop tydens die San Fermin-fees in Pamplona, in die noorde van Spanje. Feesgangers van reg oor die wêreld kom jaarliks bymekaar om agt dae lank deel te wees van dié geleentheid. Volgens owerhede is vier feesgangers al op die tweede dag van die fees tydens die bulstormloop beseer. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

Besoekers steek die 178-snelweg oor waar ʼn duidelike kraak in die pad te sien is. Hierdie kraak is veroorsaak deur ʼn aardbewing wat Sondag naby Ridgecrest in Kalifornië plaasgevind het. (Foto: Marcio Jose Sanchez, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tante Koba ·

Baie goeie foto keuses en verskeidenheid elke dag. Die tennis foto’s is nogal goed, dis moeilik om die oomblik so vas te vang met sulke vinnige bewegings.
Baie dankie daarvoor, dis goeie afwisseling tussen al die nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.