Emmy-toekenningsgeleentheid tot Januarie uitgestel

Die 75ste Emmy-toekennings is uitgestel. (Foto: Robyn Beck/AFP)

Die 75ste Emmy-toekenningsgeleentheid, wat op 18 September vanjaar sou plaasvind, is tot 15 Januarie volgende jaar uitgestel aangesien verlammende stakings deur Hollywood se akteurs en skrywers voortsleep met geen oplossing in sig is nie.

Vanjaar se Emmy-toekennings, wat bekend staan as televisie se weergawe van die Oscars, is die belangrikste vermaaklikheidsgeleentheid tot dusver wat vertraag is deur Hollywood se eerste bedryfswye staking deur sowel akteurs as skrywers in meer as 60 jaar.

Die laaste keer dat die Emmys uitgestel is, was in 2001, toe die seremonie uitgestel is as gevolg van die 9/11-aanvalle.

Weens die voortslepende staking deur akteurs, sal sterre en genomineerdes op die A-lys tans nie toegelaat word om die Emmys by te woon nie. Skrywers sal ook nie toegelaat word om ’n toespraak of grappies vir die uitsending se gasheer en aanbieders te skryf nie.

Dié vertraging kom nadat die Screen Actors Guild (SAG-AFTRA), wat sowat 160 000 Hollywood-akteurs verteenwoordig, verlede maand ʼn akteurstaking aangekondig het. Hollywood-skrywers was toe reeds 11 weke besig om te staak.

Die staking hou lang wagtydperke vir nuwe reekse en rolprente, ʼn vertraging in première-datums en verlate Hollywood-rolprentstelle in. Dit volg op onderhandelings met produksiehuise oor kunsmatige intelligensie (KI)-beleide en kwynende vergoeding wat op ʼn dooiepunt uitgeloop het.

Die Emmys – wat op Martin Luther King Jr.-dag, ’n Amerikaanse federale vakansiedag, plaasvind – sal nou ’n week ná die Golden Globes plaasvind, en net 24 uur ná die Critics Choice-toekennings.

Benoemings vir die Oscars sal ’n week later aangekondig word, met die Oscar-toekenningseremonie wat op 10 Maart sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Charles ·

Na ‘n alien oorname gebeur sulke dinge maar. Op n ernstige noot: Iets is baie verkeerd in die noordelike halfrond van die wêreld. En met almal wat daar was.

Mnr De Beer ·

Kan maar die Emmy-toekenningsgeleentheid heeltemal kanseleer. Daar is groter probleme om aandag te gee as klomp aktuers en skrywers van Hollywood

Mnr De Beer ·

Nee. Kalmeer n bietjie jong man. U oordryf dalk n bietjie te veel. Hulle moet eers skuldig bevind word deur die hof as hulle enige wet oortree het. Dan word die skuldige deur die hof beveel om tronk toe te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.