ʼn Vliegtuig waarin Robert Mugabe, die president van Zimbabwe, vervoer is, moes Dinsdag op ʼn ander lughawe land weens swaar mis in Harare.
Die staatsradiostasie Spot FM het berig dat Mugabe se vliegtuig noodgedwonge by die Joshua Nqabuko-lughawe in Bulawayo moes gaan land. Bulawayo is die land se tweede grootste stad.
Mugabe (90) was op pad huis toe nadat hy die Vatikaanstad besoek waar pous Johannes Paulus II en John XXIII tot heiliges verklaar is.
Mugabe, ‘n Katoliek, is onderhewig aan ‘n reisverbod van die Europese Unie, maar hy mag seremonies by die Vatikaan bywoon. – SAPA-AFP