Drie persone is dood en byna 100 beseer ná ʼn sterk aardbewing Osaka, Japan, Maandagoggend getref het.
Treine en aanlegte in die streek moes hul dienste opskort.
Die aardbewing van 6.1 het om 07:58 plaaslike tyd plaasgevind. Dit is die grootste aardbewing in Osaka volgens rekords wat tot 1923 terugdateer. Daar is nie ʼn gevaar vir ʼn tsoenami nie.
Alle treindienste is opgeskort en die sneltrein, wat Osaka met Tokyo verbind, is ook opgeskort.
Elektrisiteit is vinnig herstel na meer as 170 000 huise wat vroeër kragonderbrekings ervaar het, het die streekskragvoorsiener Kansai Electric Power Co. gesê. Geen abnormaliteite by kernaanlegte is aangemeld nie.
Minstens drie persone is dood, insluitend ʼn negejarige meisie, wat glo dood is ná ʼn muur by die skool op haar omgeval het. Minstens 100 persone is beseer, aldus die regering se nood- en ramptaakspan.
Beeldmateriaal op die nasionale uitsaaier NHK wys hoe water uit ondergrondse pype stroom, pendelaars wat gedwing is om treine te verlaat en skoliere wat as voorsorgmaatreël moes saamdrom vir ontruimings.
Alhoewel die aardbewing nie tot groot infrastruktuurskade gelei het nie, het die meteorologiese agentskap gewaarsku dat naskokke verwag word, veral oor die volgende twee of drie dae.
Die aardbewing het een van Japan se industriële kerns getref, die tuiste van maatskappye soos Panasonic en Nintendo. Motorvervaardigers Honda, Mitsubishi Motors en Daihatsu het hul aanlegte gesluit.
Die nasie se dissipline is absoluut fantasties!
Nogal nê, opmerklik hoe georden en vreedsaam die ontruimings geskied….geen plundering of vandalisme…
En Japan gaan in weke vinnig reg geruk word. Dis vir my ongelooflik om te sien hoe vinnig hulle paaie en geboue weer reg kry na so ‘n ramp. Dan kyk ons in Suid Afrika… Hoe lank vat hul hul om maintenance op ‘n pad te maak….?
Ons in SA kan nie eers riool ordentlik bestuur wat nog van natuurrampe. Die antwoord sal wees: ‘What must we do now?’.
Kyk vinnig na die skade, paar dae is alles herstel! Kyk na Afrika, in besonder Suid Afrika, het nie ‘n aardbewing nodig om skade aan te rig nie, doen dit sommer self en laat dit dan so.