Foto’s: Koninklike troue se koek, vieringe, modes en nog wat

Die gelukkige paartjie.

Die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en Meghan Markle, is Saterdagmiddag in die eg verbind by die St. George-kapel in Windsor naby Londen.

Rick Hoffman (Lois Litt), Abigail Spencer (Scotty), Sarah Rafferty (Donna), Patrick J. Adams (Mike) en Gina Torres (Jessica Pearson), wat saam met Markle in die gewilde televisiereeks, Suits, gespeel het, was ook teenwoordig.

Ander bekendes op die gastelys het Elton John en sy lewensmaat, David Furnish, David en Victoria Beckham, George en Amal Clooney, Marcus Mumford van die groep Mumford & Sons en sy vrou, Carey Mulligan, Oprah, James Blunt, Serena Williams, Priyanka Chopra, Idris Alba en Joss Stone ingesluit.

Kensington-paleis het op Twitter laat hoor dat Elton John ná die seremonie tydens die privaat middagete saam met hul nabye vriende en familie vir hulle opgetree het.

Die troupaar het gevra indien iemand graag vir hulle ʼn trougeskenk wil stuur, moet hulle eerder ʼn skenking maak aan een van sewe bepaalde liefdadigheidsorganisasies, naamlik Myna Mahila Foundation, Scotty’s L Soldiers, StreetGames, CHIVA, Crisis,  Surfers Against Sewage en The Wilderness Foundation.

Markle se rok is deur Clare Waight Keller, die eerste vroue- kreatiewe hoof van die geskiedkundige modehuis Givenchy, ontwerp.

Derduisende mense het in die strate van  saamgedrom vir ʼn vlugtige blik op die bruidspaar toe hulle ná die seremonie op ʼn koetstog deur die strate van Windsor vertrek het.

Mense het oor die hele Engeland en selfs elders in die wêreld hul eie “kyk-partytjies” gehou. Oud-Suid-Afrikaners Jana Meyer en haar dogtertjie, Carinay, het saam met ander inwoners van Epping Upland in Essex die troue in ʼn klein kerkie gevier, troukoek en al!

Maroela Media het vroeër berig prins Harry en Markle se troue gaan die Britse ekonomie glo ʼn hupstoot van sowat £500 miljoen gee. Volgens ʼn skatting van David Haigh, uitvoerende hoof van die Britse nasionalestatistiekekantoor, sal £200 miljoen hiervan deur toeriste-inkomste, onder meer danksy hotelverblyf, geïn word. Haigh sê toeriste sal meer as £150 miljoen aan partytjies bestee voor en ná die koninklike troue en sowat £50 miljoen aan memorabilia soos T-hemde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Annelise ·

Ooops Maroela Media….die byskrif van die foto van die koningin is verkeerd!! Julle het die naam verkeerd, dis nie Charles nie, maar Phillip!!

Landi Slatter ·

Dagsê Annelise

Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Christa Howell ·

Megan se ring het nie aan Diana behoort nie. Die hoof steen kom uit Botswana, en die 2 diamante weerskante is van Diana se juweliersware geneem om die ring te maak. Dit is ‘n nuwe en unieke ring.

Tiemie ·

Kate het nou al daardie jassie van haar na vier groot geleenthede gedra. Prinses Charlotte se doop, die koningin se verjaarsdag, die Passchendaele vieringe en nou na Harry-hulle se troue. Ek wonder wat gaan daar aan.

$ ·

En as sy ‘n uitrusting slegs een maal dra en daarna nooit weer nie, kla julle weer dat sy uitspattig leef en onnodig geld mors.

Abe ·

Tiemie, Wat n simpel opmerking om te maak. Van wanneer af mag n kledingstuk net een keer gedra word. Kate sal mooi lyk in enigiets. Sy is altyd baie elegant en in die beste smaak geklee. Pragtig!

Cherokee ·

Terwyl ek in verstomming wonder oor Maroela se waardebepaling, deur ‘n troue van onbekendes in ‘n oorsese land soveel nuusdekking te gee, lees ek Tiemie se kommentaar en my verwondering skakel oor na die vraag oor waarom so iets sommige mense sou interesseer. Sowat 2 of miskien 3 jaar gelede het iemand my gekontak en gesê Harry is op die strand 200 treë van waar ek woon. Ek het gelag en gesê as hy my wil sien kan hy na my woonstel stap, en aangegaan op my rekenaar waarmee ek besig was. Terwyl ek nie een van die nuusdekkings gelees het nie, het ander mense albums oor hulle. Miskien was dit Levinia wat gesê het “ek slaan my hande saam!” Vir haar met haar besem sòu ek strand toe gestap het!

Linda ·

Kate hoef nie vir elke geleentheid n nuwe rok ten duurste te koop nie ! Meghan se rok, gemaak in Frankryk is spierwit, skoon en elegant. Sy het n rok gedra wat haar gewys het, die mooie bruid, en nie n rok wat die bruid moes maak, soos baie bruide n fout maak. Dit was tog Meghan se dag en nie die rok nie !! !!!Absoluut elegant !

Cherokee ·

Linda, soos jy sê, dit was niè die rok se troue nie maar die van die pragtige (nou eers haar naam gaan opsoek) Meghan s’n nie.

Ben Niemand ·

Terwyl julle nou so mooi almal wat saam met haar in Suits gespeel het genoem het, julle het Gabriel Macht (Harvey Specter) vergeet… ;-)

Linda ·

Ek bid en hoop dat hierdie huwelik gelukkig sal wees. Daar is sprake dat Prins Charles se vrou, Camilla, nie vir Meghan voor haar oe kan verdra nie. Charles wou net voir die troue n afkondiging maak dat hy van Camilla gaan skei, toe besluit om te wag tot na die troue. Charles verkies sy seuns bo Camilla. Eintlik moet Camilla stilbly en nie gehoor word nie. Sy was verantwoordelik vir Prinses Diana se groot ongelukkige huwelik en lewe !

Camilla ·

YOU LOOSE YOUR MAN THE SAME WAY YOU GOT YOUR MAN .. so laat dit vir hulle ‘n LES WEES.

Abe ·

Dankie Maroela, vir n baie mooi volledige verslag met goeie foto’s van wat vir my n pragtige inspirerende geleentheid was. Ek het ook graag die baie goed bedoelde positiewe komentare gelees.

christa ·

waar is die dae van mooi troukoeke. Deesdae se koeke is so vervelig as ek dink aan die lae koeke met die fyn versiering wat so spesiaal was.

Belaglik ·

Weet jullle wat IRRITEER My van my mede-afrikaner .. ALMAL HOEF NIE DIESELFDE TE VOEL OOR DIE VERDOMDE ROK NIE. Ek hou nie van die rok nie . maar Meghan het steeds mooi gelyk .. Sannie hierbo hou van haar rok .. en JANNIE hou van haar lyf .. HOEKOM MOET AFRIKANERS ALTYD MEKAAR TOETAKEL omdat een nie van ‘n rok of van skoene hou nie ..? Of iemand een of tweekeer ‘n rok aangetrek het? Liewe Vader hoe kinderagtig en AGTERLIK het die AFRIKANER Nie net geraak nie?? JY HOEF nie van haar of haar rok te hou nie EN JY MAG DIT SE .. andersins MAG jy van haar en haar rok hou en jy mag dit ook se maar wat jy NIE MAG DOEN NIE is iemand anders persoonlik aanval OMDAT hy/sy nie van iemand se rok of hare gehou het nie .. GEE MENSE ASB SPASIE die NP dae is verby!!

Theresa ·

Ag ek weet nie.
Dalk is so ‘n troue ‘n tipiese geleentheid om bietjie te kritiseer en menings te gee.
Behoort niemand so te ontstel nie?!
NP dae is verby – is dit ‘n registrasienommer?

christa ·

dit was hulle dag. Of ek nou van haar rok hou of nie. Dis sy wat daarvan moet hou en sy hoef nie my of enigeen in ag te neem nie. Dit was die bruid en haar smaak wat tel. Camilla moet glad nie haar bek rek nie. Sy is ‘n egbreker. Was nog getroud toe sy ‘n ander se huweluk opbreek. Diana het oulike kinders en sy sou trots gewees het op hulle.

E.K. die eerste ·

Iets anders (tong-in-die-kies) was vir my opmerklik toe die pastoor/biskop (of wat sy titel ookal was)van die VSA sy preek begin gee en, soos hulle daar doen, nogal met groot gebare en so. En die hele spul – van Charles na Camilla en stokoue Prins Philip en ander se kieste staan bol so dik is hul van die lag. Hul ken mos net van styf en formeel…

Ans ·

Ek wonder of ou Camilla baie daarvan gehou het dat Charles so baie aandag aan
Doria gee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.