Griekeland beplan om vlugtelinge te verskuif

Foto: AP Photo/Thanassis Stavrakis

Foto: AP Photo/Thanassis Stavrakis

Griekeland het aangekondig hy gaan vlugtelinge wat tans op Griekse eilande in die Egeïese See woon na die vasteland begin verskuif nadat geweld in van die vlugtelingkampe uitgebreek het.

Nikos Xydakis, Griekse se minister vir Europese sake, het aangekondig dat groot getalle vlugtelinge na die vasteland gebring sal word. Die verdrag tussen die Europese Unie en Turkye het oorspronklik bepaal dat die immigrante op die eilande moet aanbly om hulle te verhinder om verder Europa in te trek. Sodoende kan die vlugtelinge ook makliker na Turkye teruggestuur word.

Xydakis het die ander EU-lidlande gekritiseer en gesê hulle aanvaar nie genoeg vlugtelinge nie. Boonop word te min personeel deur die EU verskaf om die probleme in die kampe hok te slaan.

Griekeland het intussen ook aangekondig dat hy geen vlugtelinge wat deur die EU teruggestuur word, sal inneem nie. Die land meen dit sal hom ooreis.
Bykans 14 000 vlugtelinge is tans op eilande in die Egeïese See gestrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rens Roodt ·

DIS MOEILIKHEID SOEK – DIE GEWELD IN DIE VLUGTELINGSKAMPE WORD ASPRIS SO GEREEL WANT HULLE WEET DAT HULLE DAN VESRSKUIF SAL WORD – GROOT GROTER GROOTSTE MOEILIKHEID WAG OP GRIEKELAND

Rupert Ashford ·

Goed gese. En dit sal ook nie die probleem oplos nie. Daar is miljoene ander wat wag. As die damwal breek marsjeer die volgende miljoen Europa binne met ‘n so 1000 manne van ISIS ingesif om die volgende Brussels of Parys of Cologne aan te vang.

Piet ·

Xydakis, neem jy nou die ander lande kwalik dat hulle begin skepties raak oor die “vlugtelinge”? Dalk moet jy eerder kyk of jy nie self deel van die probleem is nie – dalk moes jy ‘n strenger beleid gevolg het van die begin af. Die tyd sal nog kom dat hierdie “vlugtelinge” jou land se ekonomie oorneem en jou mense se kultuur, taal, veiligheid en godsdiens bedreig.

Susan ·

jinne, dit is regtig nie die arme ou se skuld nie. Hulle moet die EU beleid volg en die vlugtelinge aanvaar. As hulle bv die vlugtelinge sou terugneem, gaan hulle internasionale waters in, wat oorlog tussen Nato lande sal beteken. Hulle is bykans teen Turkye. Die vlugtelinge sink hulle eie bootjies as hulle die kuswag gewaar; met vroue en kindertjies wat in die water land. Hulle sal nie die mense laat verdrink nie. Griekeland is die eerste landingsplek vir vlugtelinge wat na Duitsland wil gaan, waar hulle aanvanklik verwelkom is; en n toeval van migrante veroorsaak het.

Nico K ·

Ek verstaan nie hoe gaan onluste verminder word deur hulle te skuif nie.

jaco ·

Vluchtelinge kom maklik daar in, maar ek is elke keer wat ek Europa MET n duur toeriste-visum wou ingaan, eers amper ‘n uur ondervra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.