
Foto: Becky Miller neem monsters van sediment uit die Trou Al’Wesse, België. Erkenningt: Max Planck Instituut via AFP
In wat as ’n groot deurbraak beskou word om die menslike oergeskiedenis na te speur, het die Max Planck-instituut in Duitsland ’n metode ontwikkel om menslike DNS asook die DNS van soogdiere uit grotte te herwin, selfs al is daar nie beendere in die grotte gevind nie.
Voorheen was navorsers van beendere afhanklik om baie ou DNS te onttrek.
ʼn Artikel oor dié deurbraak is pas in die vaktydskrif Science gepubliseer.
Tydens die navorsing waarin DNS in verskillende strata gesoek is, is die DNS van Neandertal- en Denisovan-mense gevind. Die ouderdom van die DNS wissel van 14 000 tot 550 000 jaar en dateer uit die Pleistoseentydperk.
Die ouderdomme van die strata dra baie daartoe by dat die ouderdom van die DNS ook bepaal kan word, hoewel groot versigtigheid aan die dag gelê moet word omdat die sagte grondbodem van grotte in die verlede dikwels omgedolwe was.
Bron: The Telegraph
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Interessant.
Baie interessant!
Hoe kan dit wees met ‘n aarde wat in ses dae gemaak en ongeveer sesduisend jaar oud is?!
Dirk, die evolusie teorie is so volg gate, die skeppings teorie soos in die Bybel bly onbetwisbaar, net een voorbeeld, miljoene jare het verloop tussen die dinasorusse en die mens…..verkeerd! In Amerika het n oer rivierloop oop gespoel met mens spore binne in dinasorus spore, hoe pas die ontdekking nou in die evolusie teorie in?
Die wat glo aarde is miljoene jare oud dwaal gaan lees jou Bybel en as jy glo ons kom van n aap af is jy die aap .Die Dns toetse is die grootste pot BOLIE wat net n Aap kan glo . God het het ons na sy beeld geskape en Hy lyk verseker nie soos n Aap nie . gaan lyster na Kent hoven en vele ander dan sal jul Aap oegies oop gaan .