Heard kan Depp ‘beslis nie’ $10,4 miljoen betaal nie

Links: Johnny Depp. (Foto: Eric Gaillard/Pool/AFP)
Regs: Amber Heard. (Foto: Daniel Leal-Olivias/AFP)

Die aktrise Amber Heard is nie in staat om haar eksman Johnny Depp meer as $10 miljoen in skadevergoeding te betaal nie, het haar prokureur Donderdag gesê. ʼn Jurie in die VSA het hoofsaaklik die kant van die Pirates of the Caribbean-ster gekies in ʼn erge lastersaak.

Die uitgerekte saak, wat regstreeks uitgesaai is, het Woensdag tot ʼn einde gekom. ʼn Jurie van sewe het bevind dat Depp en Heard mekaar belaster het, maar grootliks ten gunste van Depp beslis.

Die jurie het hom $10,35 miljoen in skadevergoeding toegestaan, in teenstelling met vergoeding van $2 miljoen vir Heard.

Elaine Bredehoft, Heard se prokureur, het op NBC se Today-program gesê haar kliënt sal beslis nie die bedrag kan betaal nie. Sy sê Heard wil ook appèl aanteken teen die uitspraak.

Die 58-jarige Depp, wat in 2020 ʼn lastersaak teen The Sun-koerant in Londen verloor het toe hulle hom “ʼn vroueslaner” genoem het, het die uitspraak as ʼn oorwinning gevier. Heard het gesê haar “hart is gebreek”.

Depp het Heard gedagvaar oor ʼn rubriek wat sy in Desember 2018 vir The Washington Post geskryf het. Sy het haarself beskryf as “ʼn publieke figuur wat huishoudelike geweld verteenwoordig”.

Heard, gebore in Texas, het ʼn hoofrol in Aquaman gehad. Sy het nie Depp se naam in die stuk genoem nie, maar hy het haar gedagvaar omdat sy geïnsinueer het dat hy haar mishandel. Hy het $50 miljoen se skadevergoeding geëis.

Die 36-jarige Heard het hom vir $100 miljoen gedagvaar en gesê haar naam is belaster in verklarings wat Depp se prokureur, Adam Waldman, uitgereik het. Waldman het aan die Daily Mail gesê haar bewerings oor mishandeling is vals.

Volgens Bredehoft is daar verskeie dinge in die hof toegelaat wat nooit toegelaat moes word nie, en dit het die jurie verwar. Sy meen die uitspraak is ʼn slegte voorbode vir die #MeToo-beweging en sal vroue ontmoedig om seksuele teistering en mishandeling aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Darts girl ·

Amber kan net nie dit hanteer dat sy verloor het as gevolg van haar leuens nie. Sy is al soveel keer uitgevang on die hof oor haar leuens

Mallie ·

As jy wil lieg en bedrieg dan moet jy maar betaal, daar sou nie genade vir Depp gewees het nie.

Pietertjie ·

Vuil wasgoed in die openbaar kan mens nogal duur te staan kom. Tannie Amber moet maar leer…

Christine ·

Sjoe, dis skokkend hoe sommige skatryk beroemdes van Hollywood leef en wat hul aanvang. Van al daai miljoene, het albei niks oor nie.

Wondermaarnet ·

Hoop sy leer haar les om net links en regs te dagvaar.

My Mening ·

Sy het nie aanvanklik gedagvaar nie, Johnny het. Sy moet wel versigtig wees wat sy op publieke forums skryf en die insinuasies wat sy maak.

Annelize ·

Dan moes sy beslis nie toegelaat het dat haar kleinlike vindictiveness die oorhand oor haar gekry het nie, en moes sy beslis nie dmv van leuns ‘n man se lewe probeer verwoes het nie.

Laat dit nou ‘n les wees vir haar, en elke ander liewe vrou daar buite, wat dink dis okay om ‘n man dmv leuens te probeer bykom of te verwoes. Beslis die duurste no 2 in die wereld se geskiedenis! Jy grawe nie gate vir ander mense nie, kans dat jy self in daardie gat gaan inneuk is baie groot.

RB ·

Nou toe nou! Leuen het ‘n prys, giftong!
Gedink jy gaan gou ‘n paar miljoen maak deur jou meesterlike vertoning in die hof? Toe is jou vertoning maar amateuragtig en jy nie ‘n karakter in hierdie rol nie. Hierdie is die lèwe waar waarheid die leuen inhaal, soms net vinniger as in ander gevalle.

Dok op, niemand sal jou glo dat jy dit nie hèt nie. Waarheid is nou nie juis iets waarvoor jy wêreldwyd bekend is nie.

Hennie ·

Verkoop dan jou huise, paintings en ander gemors en betaal vir Johnny! Hoe het sy nou gedink sy gaan wen teen n volbloed pirate? Hoes en betaal!

Eden ·

Die ou hofsakie is net om die gepeupel in Yank land se aandag af te lei van die inflasie wat Amerika eersdaags gaan sink. Tweede Nuwe SA in wording.

Elma ·

Waarom dagvaar as jy self nie geld het nie? Sekerlik moet n mens besef dat jy nie noodwendig die saak gaan wen nie! Maak jou somme voor die tyd – dalk het sy “Matriek sonder somme”.

Kobus ·

Hy sal onthou word as die eerste man wat ‘n argument met ‘n vrou gewen het! (LOL)

Maritza ·

Sal jou slegs ontmoedig as jy haar snert glo. Heard speel die mishandeling kaart soos sommiges die rasse kaart speel

Wat op dees Aarde ·

Amber is ‘n narsis wat nou suur druiwe het omdat sy verloor het. In my oë het geregtigheid geskied. Ek het die saak fyn dopgehou. Die beeldmateriaal. stemopnames ens dui alles daarop dat Amber die een is wat Johnny uiteindelik mishandel het. Sy het geen voet om op te staan nie. Ek hoop vroue wat lieg oor gesinsgeweld neem nou notisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.