Hitler se huis eersdaags polisiestasie

Die huis waar Adolf Hitler gebore is. (Foto: Kerstin Joensson, ANA)

Die huis waar die voormalige Duitse leier Adolf Hitler gebore is, gaan eersdaags in ’n polisiestasie omskep word. Dit sal voortaan die plaaslike polisiemag huisves.

Plaaslike owerhede het vandeesweek die lot van dié vaalgeel huis op ’n straathoek in Braunau am Inn in Oostenryk, op die grens met Duitsland, aangekondig. Die huis het in 2017 staatsbesit geword.

Dit bring ’n einde aan groot onsekerheid oor wat van dié gebou gaan word wat oor die jare ’n gedenkteken vir neo-Nazi’s geword het.

Wolfgang Peschorn, minister van binnelandse sake, het Dinsdag gesê die “toekomstige gebruik van die huis deur die polisie moet ’n onmiskenbare boodskap stuur dat die gebou vir ewig van die herdenking van nasionale sosialisme verwyder word”.

Argitekte word nou uitgenooi om planne vir die herontwerp van die gebou in te dien.

Klara Hitler het op 20 April 1889 in dié huis geboorte aan haar seun geskenk, waarna die Hitler-gesin weke later na ’n ander huis in die dorp verhuis het. Die voormalige Duitse leier was drie jaar oud toe sy gesin Braunau am Inn verlaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Kan al die groot minister huise in SA nie polisiestasies word nie? Sou nie dink dat enigeiemand meer in die wereld die naam Adolf, en die van Hitler gebruik nie?

Orson Wells ·

Mmmm… net soos Hendrik , Hennie en Charl ?
Wat van gee seuns name soos , Hanno , Jeandre , Damian ens . Noem hulle CJ , JP of iets . Toe die volk hul God verlaat het en Hy hulle na Babel laat wegvoer het was Daniel , Hananja , Asarja Misael ook toe iets anders . Met “gone with the wind” uit het weggevoerde ma s hul seuns Red genoem

Alexz ·

Nie sy huis nie, dit is sy ouerhuis. En so word “Mein Kampf” ñ werklikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.