Hospitaal laat weet 99-jarige sy’s swanger

Doris Ayling (99) met haar brief wat aandui sy is swanger Foto: Kate Shemilt ks1500294-1

Doris Ayling (99) met haar brief wat aandui sy is swanger Foto: Kate Shemilt ks1500294-1

ʼn 99-jarige oumagrootjie het ʼn brief ontvang waarin die hospitaal aanvoer sy is swanger.

Doris Ayling van West Sussex in Engeland het dié verrassende nuus van die Fareham-gemeenskapshospitaal ontvang waarin hulle versoek dat sy by die voorgeboorte-eenheid sal aanmeld, berig die Bognor Regis Observer. Die brief bevat haar regte geboortedatum.

Ayling vier in November haar 100ste verjaarsdag. Sy het drie kinders, sewe kleinkinders en 13 agterkleinkinders.

Sy was glo nog nooit in enige hospitaal in Portsmouth nie en ken glad nie die Fareham-hospitaal nie. “Dis ʼn raaisel hoe ek die brief gekry het,” het sy gesê. “Ek het drie kinders gehad toe ek 20, 23 en 29 jaar oud was. Dit was genoeg. Ek hou die brief, want dit is nogal ʼn gesprekspunt.”

ʼn Woordvoerder vir Portsmouth-hospitale se NHS Trust het aan die Independent gesê hulle het ʼn skrywe aan Ayling gerig. “Dit is ʼn seldsame administratiewe fout. Ons vra om verskoning vir enige onnodige angs wat die fout veroorsaak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gert Stroebel ·

Sara se eweknie of wat sê ek nou Lag My Nog Slap HAHAHAHA

Akram ·

genugtig. en ons dink die oumensies is so stil en rustig in die ouetehuise. wys jou net stille water, diepe grond onder draai die duiwel rond…….die hospitaal het gese dit was n admin fout, ek wonder…………

Sarie ·

Die dae van wonderwerke is klaarblyklik nie verby nie!! Genugtig nee dit is darem by verreweg die grootste blaps wat enige hospital kan maak!!!

Darty ·

Is hulle seker dis nie ‘n hospitaal in SA wat daai brief gestuur het nie??

Debs ·

bly om te lees dis nie net in SA waar administrasie foute gemaak word nie …..
Hoop sy raam dit in ‘n goue raam :)

Karen ·

Ek kan nogals die tannie se sin vir humor waardeer “Ek hou die brief, want dis nogals ‘n gesprekspunt”, ek kan glo daar kan lekker oor daai ene gesels word…LOL

Theresa ·

Darty – ek wou dit nog vra toe lees ek dit by jou!! Mens hoor hier so baie van mense wat dood is wat volgens Binnelandse Sake nog leef. Mense se name wat foutief gespel word op ID of paspoort. Drips wat toegedraai word, wanneer dit moet oop wees! ens ens ens.
Dit klink na tipies so ‘n ” foutjie”!
Wonder wat het in die brief gestaan wat aan die werklik swanger dame gestuur is…

Z bc ·

Toe ek die opskrif gelees het, het ek aanvanklik gedink – only in SA – maar toe ek die berig lees was ek stom geslaan!!!! Engeland van alle plekke. So bly om te hoor dat eerste-wêreld lande ook flaters kan begaan! :)

Paul ·

Net omdat jy dit nie elke dag in Suid-Afrikaanse nuus lees nie, beteken dit nie dat sulke dinge nie ook elders gebeur nie.
Mense in Suid-Afrika se oë is dikwels vreeslik toe vir enigiets buite die land – hulle dink alles wat gebeur is wat hulle in plaaslike media lees.

Eliza-beth ·

Dog nou net ons het ‘n baie hupse oumagrootjie hier! En ten spyte van haar geboortedatum op die brief het niemand gedink dis vreemd toe die brief opgestel en onderteken is nie! Aijaijai!

FC ·

Sulke administatiewe foute sal nooit is RSA gebeur nie.
Om ‘n fout te maak moet daar eers ‘n administatiewe proses wees waar iemand fisies werk.

pop ·

Sy laat mense helfde van haar ouderdom sleg lyk. Pragtige dame, met n humorsin ook daarby.

nig ·

Agnes – watter oom?? Dit was ‘n ADMIN FOUT of dink jy nou dis genuine?

Grotman ·

Wie se 99 jaar is te oud??? Dit gaan dalk stadiger en soms vergeet mens wat jy besig was om te doen en begin weer maar dis okay. Soms jaag ekke die tannies rond hier in ons tehuis maar agv van dat ek so stadig is vergeet ek waarom ek haar gejaag het en gaan slaap dan.

Elfie ·

Hahaha Grotman, jy is vreksnaaks en ek is mal oor mense van alle ouderdomme wat ‘n goeie sin vir humor het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.