Alles vir Dinsdag 21 Julie 2015

Luister: Ma vertel van pelgrimstog – só vind ek genesing

In Junie 2014 het Maroela Media berig oor Lihan du Plessis, wat in ‘n fratsongeluk op ‘n plaas naby Bismarck (Washburn) in North Dakota in die VSA, dood is. ʼn Jaar later het sy ma, Elphia, besluit om ʼn pelgrimstog aan te pak om berusting te kry. Maroela Media het weer met Elphia gesels oor haar pelgrimstog, wat sy ervaar het en of sy die berusting waarna sy op soek was, gekry het.