Gevangenes ontsnap uit oefenkamer by polisiekantoor

LET WEL: Drie van die persone is intussen reeds weer in hegtenis geneem. Klik hier om meer te lees.

Een van die gevangenes wat ontsnap het. Foto: SAPD

Een van die gevangenes wat ontsnap het. Foto: SAPD

Vyf verhoorafwagtende gevangenes het Maandagaand uit die Ritavi-polisiekantoor in Limpopo ontsnap.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die gevangenes het glo ontsnap deur die ogiesdraad in hul oefenkamer te sny. Otto het gesê ʼn dringende ondersoek is begin om te bepaal hoe die gevangenes dit reggekry het om die draad ongesiens te sny.

Die vyf verdagtes wat ontsnap het, is Lazarus Moseamedi, Stanley Sipho Nkwana, Kgomotso Mokhabudi, Rufus Mkhawana en Dumisani Nukiwe Khosa. Hulle staan tereg op ʼn verskeidenheid ernstige aanklagte insluitend moord, poging tot moord, verkragting, gewapende roof en aanranding. Volgens Otto word Moseamedi aangekla vir die moord op  ʼn polisieluitenant.

Een van die gevangenes wat ontsnap het. Foto: SAPD

Een van die gevangenes wat ontsnap het. Foto: SAPD

Lt.genl. Fannie Masemola, provinsiale polisiekommissaris, het gesê dissiplinêre stappe sal geneem word indien die ondersoek bevind dat enige polisiebeampte nalatig opgetree het of nie operasionele prosedures gevolg het nie.

Maroela Media het berig dat daar verlede maand ook vyf verhoorafwagtende gevangenes uit aanhouding in Malamulele in Limpopo ontsnap het nadat hulle ʼn polisiebeampte oorweldig het. Freddy Gwala Isiah Masenya, ʼn gevaarlike misdadiger, was meer as ʼn week op vrye voete nadat hy op 8 Junie by die Botlokwa-polisiekantoor noord van Polokwane uit aanhouding ontsnap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

nico ·

Dis nie meer n gevangenis nie of polisiekantoor maar n hotel doen wat hulle wil binne en buite pleeg n misdaad en jy kry baie voordele saam nogal lekker

Debs ·

die SAP !!!!!! GEEN BEHEER, GEEN ORDE, GEEN REELS, GEEN GEEN NIKS
ek glo die SKOLLIES het almal maatjies in die SAP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.