Ao. Nonhlanhla Khumalo, woordvoerder van die polisie, het gesê die bejaarde man is in die Netcare Milpark-hospitaal opgeneem nadat hy ook tydens die struweling geskiet is. Dit is nie bekend hoe ernstig die man beseer is nie.
Khumalo het gesê die man se vrou het die middag van die winkel af gekom toe sy deur vier mans in haar oprit oorval en aangerand is. Die man het sy vrou buite hoor skree en met sy vuurwapen uit die huis gehardloop gekom. Tydens die onderonsie met die rowers is skote afgevuur en die man is gewond. Hy het teruggeskiet en een van die rowers in die oprit doodgeskiet. Die ander drie rowers het in ʼn wit VW Golf sonder nommerplate gevlug, het sy gesê.
Volgens Khumalo word ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Khumalo wou nie in hierdie stadium die name van die slagoffers bekendmaak nie en kon ook nie hul presiese ouderdomme bevestig nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Stem saam met almal wat kommentaar gelewer het. Sorg maar net dat ons wapens sou gou soos die omie sn beskikbaar is. As dit in die kluis toegesluit is, is daar eers n geskarrel om die sleutels te kry. Oom jy het reg gedoen. Het hulle ook oom se vuurwapen afgevat?
Mooi! Knap gedaan, partner. Spoedige beterskap toegewens.
Mooi so oom!!! Hoop oom herstel vining. As die regering mos nie ons mense wil help nie, dan help ons onsself. Die spreekwoord sê mos nie verniet “‘n Boer maak ‘n plan nie”!!!!
Ek is baie trots op oom! Mag die Here jou seen en nog baie lank spaar.
Weereens, n yslike dankie vir die besparing van belastingbetalers se geld om die gespuis in die tronk te onderhou.