Die mooiste naam waarby ʼn vrou geroep kan word, is Mamma!
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "ouerleiding"
Versorg jou kind se selfbeeld só
Moenie te hard op jouself wees nie. Kinders kom nie met ʼn instruksieboek soos ʼn nuwe skottelgoedwasser nie, en ervaring wat ons met een kind aanleer, is nie noodwendig op ander kinders van toepassing nie.
Die toekoms van werk: ʼn Kykie vir vandag se jongmense
Jongmense leef in ʼn baie opwindende tyd. Hoewel uitdagings soos die wêreldwye trae ekonomiese groeikoers, armoede en ander uitdagings baie groot is, is die geleenthede vandag ewe groot.
Luister: Is daar alternatiewe vir lyfstraf?
Ouergemeenskappe is weer aan die gons ná die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se onlangse dringende aansoek dat die regering die gebruik van lyfstraf in huishoudings moet kriminaliseer.
Luister: Wat maak jy met jou kind se manipulasiemonster?
Die manipulasiemonster is iets wat ouers regoor die wêreld laat nagmerries kry en huilend in donker hoekies laat wegkruip… Want dis ʼn taktiek wat elke kind stewig onder die knie het teen die tyd dat hulle drie jaar oud is. Wat presies is manipulasie?
Luister: Ouers se verskillende gesagstyle
Het jy geweet jy is dalk ʼn handskoen, ʼn saag, ʼn gieter of ʼn snoeiskêr? Dié vier terme verwys na tuinmaak, maar op ʼn heel ander manier vir ouerskap.
Luister: Hoe gemaak met geënte bome?
Kry ʼn mens iets soos ʼn palmroos of ʼn sierden? En hoe gemaak as ʼn roos-pappa en sy sierpalm-dogtertjie mekaar heeltyd verkeerd verstaan? Susan Lombaard het met Hettie gesels.
Luister: Palmbome se persoonlikheidsprofiel
Susan Lombaard gesels verder met Hettie Brittz van Immergroen Ouerskap oor palmbome en wat dié kinders uniek maak.
Luister: ʼn Kweekplan vir sierboompies
Ons almal ken daardie kleingoed wat klink asof hulle ʼn onuitputlike vermoë het om in ʼn temerige stem te kerm en wat hartseer raak oor elke verdwaalde hondjie langs die pad.
Luister: Wat het denneboompies nodig om te floreer?
Susan Lombaard gesels vandag verder met Hettie Brittz van Immergroen Ouerskap oor dié ouerskapsbediening en oor wat Immergroen bedoel as hulle ʼn kind as ʼn “denneboom” identifiseer.
Luister: Ontmoet vir Dorette, die klassieke roosboompie
Susan Lombaard gesels vandag verder met Hettie en vind meer uit oor die persoonlikheidstipe van kinders wat Immergroen as ‘roosboompies’ beskryf.
Luister: Ken jou saailinge se persoonlikheidstipes
Roosboom, sierboom, palmboom, denneboom… Ma’s by verjaarsdagpartytjies gebruik maklik deesdae hierdie terme wanneer hulle na hul spruite verwys.
As ouers Eli word
Ons bekommer ons oor jeug wat grense verskuif, gesag uitdaag, anders optree en vreemd kyk na dissipline – lê die fout dalk in ons Eli-ouers? As ouers Eli word, is ons samelewing in ʼn gemors.
Help, my ouers het ’n nuwe baba!
Baie nuwe ouers bevind hulle onverwags in die posisie dat hulle nie weet hoekom hulle oudste kind eensklaps gedragsprobleme het nadat ’n nuwe baba huis toe gekom het nie.
Luister: Kommunikeer beter met jou kind
Volgens Heidi Malan, ʼn ouerleidingspesialis van Doeltreffende Ouer en Opvoedkundige Leiding (DOL), is die vaardigheid om ʼn suksesvolle ouer te wees nie ʼn natuurlike vermoë waarmee ʼn mens gebore word nie, maar een wat jy kan aanleer.
Sit albei jou voete neer
Oktobermaand is nie vir sissies nie! Dit is afsluitings en eksamens, finale dit en dat, afronding voor die konserte en wat nog alles. Oral hoor ek mense kla dat hulle nou nie meer ‘n enkele Saterdag oop het tot die skole sluit nie…
Hoop op die rand van die afgrond
Vandag is die kinders wat eksamen skryf in my gedagtes en ek wil daarom fokus op hulle, maar ook alle kinders daarby insluit. Hoe gee ons hulle hoop? Hoe verseker ons ’n kind dat hy kan bly staan, kan aanhang, kan opstaan as hy val en ’n toekoms kan hê?
My ouma in kaneel…
Hierdie woorde uit die bekende Opperman-gedig wek by ’n mens ’n sekere emosie oor ’n ouma.
Boelies en slagoffers, die voorkombare probleem
Die afmetings wat hierdie probleem in ons land en skole aanneem, is doodeenvoudig skrikwekkend. En die ergste daarvan is dat dit grootliks voorkom kan word.
Omgedop, oftewel “Inside out”
Die animasiefilm van Pixar het Junie in Suid-Afrika begin draai. Hierdie fliek gee vir ons ʼn kykie in die emosiewêreld van die hoofkarakter Riley.