Die Independent Media-groep het aangekondig dat hy die kommentaarfunksie op sy webwerf, iol.co.za, gaan sluit.
Lees meerAlles vir Donderdag 15 Oktober 2015
Vrou ‘deurmekaar’ ná modelbaas haar glo verkrag
ʼn 20-jarige vrou wat Dawie de Villiers (35), die modelagentskap-eienaar van Kemptonpark, van verkragting beskuldig, het Donderdag gesê sy het deurmekaar geraak met die plek waar die verkragting plaasgevind het omdat sy wou gehad het “dit moet weggaan”.
AP Kerk kap NG oor gays
“Wanneer die Bybel oor homoseksualiteit praat, is dit altyd in negatiewe terme. Die verweer dat die konteks aantoon dat losbandigheid die eintlike groot probleem was, oortuig glad nie. Dit is duidelik dat die homoseksuele dade self veroordeel word.”
Familie van vermiste DA-lid bly positief
Die familie van Petro Nel, die adjunkleier van die DA in Noordwes wat ʼn week terug in Nepal vermis geraak het, het gesê hulle is steeds positief dat sy gevind sal word.
ToekomsVenster: Verwyder van die Bron
Jy kan nie op jou eie die pad terugvind nie; daarvoor het jy ‘n Leermeester en Leier nodig wie se dissipel (leerling) jy kan word sodat Hy vir jou die pad kan wys. Meer nog: Iemand wat vir jou die pad terug na die Bron kan word.
Brug stort ineen: M1-snelweg weer oop
Die M1-snelweg is weer oop vir verkeer nadat dit Woensdagmiddag gesluit is toe ʼn voetgangerburg wat steeds in aanbou was, ineengestort het.
Skok oor skoolseuns se foto van ‘groepseks’
Hilton College in Hilton, KwaZulu-Natal, het Donderdag amptelik skok uitgespreek oor ʼn foto wat op sosiale media versprei word waarin leerders van die skool voorgee dat hulle groepseks het.
Verwoestende Limpopo-brande geblus
Ná brande in Limpopo vir dae gewoed het en derduisende hektaar bosveld en weiding verwoes het, is al die vlamme uiteindelik geblus.
‘Hie’ kommie Bokke’ weer ná 20 jaar
In 1995 het die Springbok-rugbyspan die land in vervoering gehad toe hulle die Wêreldbeker ná ʼn spannende eindstryd teen Nieu-Seeland op Ellispark gewen het.
Duitsland berei voor om laaste kernkragsentrale af te skakel
Die koste vir die afbreek van ʼn kernkragsentrale en die berging van die kernafval kan miljarde kos.
Huldeblyk aan die omroeper Francois van Heyningen
Die oud-omroeper van Springbok Radio, sanger, skrywer en akteur, Francois van Heyningen, is Woensdagaand in die ouderdom van 80 oorlede.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 15 tot 21 Oktober
Charlie Smidt van die FAK is terug om te gesels oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur.
Oscar Pistorius volgende week vrygelaat
Oscar Pistorius sal na ʼn uitgerekte paroolproses volgende week onder korrektiewe toesig vrygelaat word.
NB-Uitgewers en Exclusive Books vier 90 jaar van Afrikaans
Afrikaans vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar as amptelike taal en NB-Uitgewers en Exclusive Books neem in Oktober hande om hierdie reuse-mylpaal te vier.
Rustenburg-liefdesdriehoek eindig tragies
ʼn 31-jarige man en sy 17-jarige meisie is Woensdag in Rustenburg in Noordwes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 29-jarige vrou, wat glo die man se ander meisie was.
Russiese klavierduo gaan skitter by Nederburg
Die internasionaal bekroonde Russiese klavierduo, Natalia Lavrova en Vassily Primakov, is eersdaags by die Paarlse wynlandgoed Nederburg as deel van sy konsertreeks te sien en dit beloof om ʼn musikale skittergeleentheid te wees.
Resep: Koringbier
Hier is die resep soos ouma Dorie dit gemaak het. Dit kan ’n onbeperkte hoeveelheid bier lewer omdat dit daagliks met vars bestanddele aangevul kan word.
SA’ners wat glo bokke smokkel weer in Zambiese hof
Die ses Suid-Afrikaners wat in Zambië in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering 12 swartwitpense uit die land na Suid-Afrika probeer smokkel het, sal Donderdag om borgtog aansoek doen.
[Video] Maak jou eie blompot
Soms wil mens vir iemand ʼn bos blomme gee, en soms wil jy dit sommer in ʼn blompot weggee – veral as iemand byvoorbeeld in ʼn hospitaal is.
‘Al herstel ons self, moet munisipaliteite opdok’
Nadat die burgerregte-organisasie, AfriForum, se gemeenskapstrukture verlede week straatligte, slaggate, vullisterreine, begraafplase en parke in dorpe landwyd skoongemaak en/of herstel het, gaan die onkoste hiervoor nou van munisipaliteite teruggeëis word.