Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het ʼn beroep op die publiek gedoen om hul teenkanting uit te spreek teen die voorgestelde wysiging van die Wet op die Administratiewe Beregting van Verkeersoortredinge (Aarto) wat daarvoor voorsiening sal maak dat e-tolrekeninge ingevolge dié wet afdwingbaar sal raak.
Lees meerAlles vir Woensdag 30 Desember 2015
ToekomsVenster: God het jou begenadig
Dis suiwer omdat God jou begenadig het en jou mislukkings en teleurstellings alles aan die kruis van Golgota vasgespyker is. Jy kan met verwagting uitsien na die nuwe jaar.
Matriekuitslae: Meer druipelinge in 2015 verwag
Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding, het Woensdag gesê die matriekuitslae van 2015 is aansienlik swakker as dié van 2014.
Familie gebroke ná Krugersdorp-seuntjie se dood
“Daar is nou baie emosies en dit gaan tyd neem om Matthew se dood te verwerk. Hulle kry egter baie ondersteuning uit alle oorde uit.”
Pa kritiek, seun ernstig beseer ná vliegongeluk
ʼn Pa is in ʼn kritieke toestand en sy seun ernstig beseer nadat die ligte vliegtuig waarin hulle gevlieg het, Woensdag naby Badplaas in Mpumalanga neergestort het.
[Meeste gelees] Top10-vreemdhede vir 2015
Onthou jy nog die rok wat die internet gebreek het? Of die skattige foto’s van die volwasse broers wat foto’s uit hul kinderdae herskep het vir ʼn kalender vir hul ma? Talle stories het ook Maroela Media lesers laat gryp na die sneeusdoekies. Kyk hier na die toptien-vreemdhede wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.
Inwoner trek byna drie boewe vas
ʼn Lid van die publiek in King Williams Town in die Oos-Kaap het byna drie vermeende verdagtes van ʼn huisroof vasgetrek deur sy flink optrede.
[Video] Beseerde vrou na ure in kloof gered
ʼn Vrou is Dinsdag tydens ʼn drie uur lange reddingsoperasie gered nadat sy tydens ’n staptog kilometers ver in ʼn kloof ingeval het.
[Meeste gelees] Top 10 vermaakstories vir 2015
Vanjaar was daar groot uitsette met groot suksesse in die vermaaklikheidsbedryf gelewer. Ons vat die hoogtepunte van Maroela Media se vermaaklikheidstories saam in die top10 vir 2015.
Veteraanuitsaaier Ian Crewe sterf
Die veteraanuitsaaier, Ian Crewe, is Dinsdag in die ouderdom van 75 oorlede.
Altesaam 69 joernaliste in 2015 vermoor
Altesaam 69 joernaliste is vanjaar wêreldwyd gewelddadig tydens die uitvoering van hul werksaamhede dood, aldus die Komitee vir die Beskerming van Joernaliste wat in New York gesetel is.
Maroela Media Top 20 vir 2015
Daantjie Dinamiet, wat gereeld musiek resenseer vir Maroela Media, het al sy musiek-kennis ingespan om die top 20 Afrikaanse liedjies vir 2015 te kies. ʼn Klomp liedjies wat deur die jaar ook in Maroela Media se top 20 liedjies was, is ook op dié lys.
Elf SA universiteite onder top50 in Afrika
Die Universiteit van Kaapstad beklee die topposisie onder Afrika se topvyftig universiteite aldus die webwerf, Answers Africa.
[Meeste gelees] Top 10 van tegnologie vir 2015
Van die verwoestende asteroïed wat glo die Aarde sou getref het, Facebook-foefies en slim wenke wanneer ʼn jy wa met vakansie sleep tot hoe om jou kopligte met tandepasta te restoureer – hier is die top 10 tegnologiestories wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.
Ouma byna vas oor Kersgeskenk
Die ma van ʼn 11 jaar oue seun in Duitsland het haar skoonma by die polisie gaan aankla ná sy vir haar kleinseun sjokoladelikeur-lekkernye vir Kersfees gegee het.
Nuuskommentaar: 2015 in oënskou: Deel 3 – Nuus wat saak maak
Twee nuuspole van 2015 gaan ’n beduidende impak op 2016 hê, naamlik pres. Jacob Zuma wat wyd met die negatiewe geassosieer word, en die Solidariteit Beweging se Plan B wat wyd met ’n positiewe baken van hoop geassosieer word. Voeg hierby Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan moord onder appèl, Steve Hofmeyr se uitsluiting van die KKNK sonder dat hy beplan het om deel te neem, die droogte, voortgesette plaasaanvalle, en ons het ’n propvol nuusjaar.
Geen betaling vir onderwysers, eksaminators in KZN
Administratiewe probleme is glo die rede hoekom verskeie graad R-onderwysers in KwaZulu-Natal nie ʼn gedeelte van hul beloofde salarisverhogings ontvang het nie, het Muzi Mahlambi, woordvoerder van die onderwysdepartement, Woensdagoggend gesê.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Los Donkies
Theresa Papenfus en Hans du Plessis gesels nou oor HS van Blerk se boek, Los Donkies. As jy nog nooit van die boek gehoor het nie, hoef jy nie alleen te voel nie.
Herverhoor van AbaThembu-koning van die hand gewys
Michael Masutha, minister van justisie, het Dinsdag ʼn aansoek deur die AbaThembu-koning Buyelekhaya Dalindyebo om sy verhoor te laat heropen, van die hand gewys.
IEB-matrieks haal 98,3% slaagsyfer
Matrikulante wat vanjaar die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamens geskryf het, het ʼn slaagsyfer van 98.3% behaal.