Amper ʼn nuwe jaar. Ja, die jaar het inderdaad vinnig verbygegaan. As jy met geloof geleef het, in afhanklikheid van die Here, in verbondenheid aan sy Woord en onderworpenheid aan sy Gees, kan jy met groot vrymoedigheid met betrekking tot die jaar wat verby is saam met Paulus sê: “Ek het die goeie wedloop afgelê, ek het die wenstreep bereik, ek het enduit gelowig volgehou.”
Dis alles op grond van die verdienste van Christus. Dis suiwer omdat God jou begenadig het en jou mislukkings en teleurstellings alles aan die kruis van Golgota vasgespyker is. Jy kan met verwagting uitsien na die nuwe jaar.
Dankie, Jesus!