
Die Indiese tuig enkele sekondes voor dit naby die maan se suidpool geland het. (Skermgreep: Indiese Ruimtenavorsingsorganisasie/AFP)
Indië het vandeesweek die eerste land geword om ʼn tuig naby die maan se suidpool te laat land, ʼn historiese oorwinning vir die wêreld se dig bevolkste land en sy ambisieuse, begrotingsbesnoeide ruimteprogram.
Die eintlik naamlose Chandrayaan-3 – wat “maantuig” in Sanskrit beteken, het Woensdag om 14:34 (SA tyd) op die maan geland – onder luide toejuiging van tegnici in die beheersentrum.
Die landing volg enkele dae ná ʼn Russiese tuig in dieselfde streek neergestort het en vier jaar nadat ʼn vorige Indiese poging om ʼn tuig maan toe te stuur op die nippertjie misluk het.
Eerste minister Narendra Modi, tans in Suid-Afrika vir die Brics-beraad, het breed geglimlag en ʼn Indiese vlaggie gewaai op ʼn regstreekse uitsending om die sending se sukses bekend te maak en dit te loof as ʼn oorwinning wat veel verder as net Indiese landsgrense strek.
“Tydens hierdie vreugdevolle gebeurtenis wil ek mense van die wêreld toespreek,” het Modi vanaf die Brics-beraad gesê. “Indië se suksesvolle maanlanding behoort nie net aan Indië nie. Die sukses behoort aan die ganse mensdom.”
Die Chandrayaan-3 het mense se verbeelding aangegryp toe dit byna ses weke gelede voor duisende juigende toeskouers gelanseer is.
Politici het gebede gesê en die sending alle sukses toegewens, terwyl skoolkinders die gebeure vanuit hul klaskamer gade geslaan het.
Chandrayaan-3 het veel langer geneem om die maan te bereik as die Apollo-sendings van die 1960’s en 1970’s wat binne enkele dae daar aangekom het.
The ascent of the PSLV C56 launch vehicle tracked against the backdrop of the rising sun.
Slow motion video on our Instagram isro.dos pic.twitter.com/tAzC8gmHLo
— ISRO (@isro) July 30, 2023
Indië het vuurpyle gebruik wat veel minder kragtig is as dié wat die VSA destyds gebruik het, wat beteken die tuig moes etlike kere om die aarde wentel om genoeg spoed op te bou om sy maand lange reis na die maan vol te hou.
Die landingstuig, Vikram, wat “moedig” in Sanskrit beteken, het verlede week van die aandrywingstuig geskei en stuur sedertdien beelde van die maanoppervlak terug na die aarde.
Noudat Vikram geland het, sal ʼn sonkragaangedrewe maantuig die oppervlak verken en data oor ʼn tydperk van twee weke terugstuur.
Indië vul stelselmatig die gaping wat internasionale ruimtereuse soos die VSA en Rusland geskep het en doen talle van sy sendings teen veel minder geld.
Die Suid-Asiese land het ʼn betreklik laekoste-ruimteprogram, maar een wat sedert 2008, nadat hy die eerste tuig in ʼn wentelbaan na die maan geplaas het, aansienlik gegroei het.
Die jongste sending het sowat $76,4 miljoen gekos, veel minder as dié van ander lande, en dit is ʼn getuigskrif van Indië se spaarsame ruimte-ingenieurswese.
Chandrayaan-3 Mission:
“MOX, ISTRAC, this is Chandrayaan-3. I am feeling lunar gravity ????”
????Chandrayaan-3 has been successfully inserted into the lunar orbit.
A retro-burning at the Perilune was commanded from the Mission Operations Complex (MOX), ISTRAC, Bengaluru.
The next… pic.twitter.com/6T5acwiEGb
— ISRO (@isro) August 5, 2023
Kenners sê Indië kan koste laag hou deur bestaande tegnologie na te maak en aan te pas – en dit is te danke aan ʼn oorvloed hoogs opgeleide ingenieurs wat ʼn breukdeel van hul internasionale eweknieë se salarisse verdien.
In 2014 het Indië die eerste Asiese land geword om ʼn tuig in ʼn wentelbaan om Mars te plaas en die land gaan na verwagting volgende jaar ʼn bemande sending in ʼn wentelbaan om die aarde plaas.
Slegs Rusland, die VSA en China het vantevore al beheerde landings op die maan gedoen. Die Amerikaanse nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, het die “historiese landing” geloof, terwyl Nasa en Rusland se Roscosmos-ruimteagentskap gelukwensinge aangebied het.
Rusland het in Augustus ook ʼn maansending van stapel gestuur – die eerste in byna 50 jaar. Indien dit suksesvol was, sou dit Chandrayaan-3 met enkele dae in die resies na die maan geklop het en sou Rusland die eerste nasie geword het om ʼn beheerde landing naby die maan se suidpool te doen.
Luna-25 het egter Saterdag neergestort ná ʼn ongespesifiseerde voorval terwyl dit nog gedaal het.
Chandrayaan-3 Mission:
Here are the images of
Lunar far side area
captured by the
Lander Hazard Detection and Avoidance Camera (LHDAC).This camera that assists in locating a safe landing area — without boulders or deep trenches — during the descent is developed by ISRO… pic.twitter.com/rwWhrNFhHB
— ISRO (@isro) August 21, 2023
Lyk bietjie soos daai speelgoed wat mens jare terug in die Rice Krispies bokse gekry het… LOL
Presies, en wie is die famous kameraman wat dit afgeneem het hahaha
Hulle kon gerus vir die Guptas gratis eenrigting lift gegee het maan toe
Nee die guptas moet n veel warmer plek kry. En Rusland moet spoedig hul rommel op die maan verwyder!!!!
En steeds sal mense die snert glo, daar was nog nooit iemand op die maan nie net Hollywood wat die mense so laat glo het met goeie rede……GELD. Ons sukkel soms met selfoon seine na ander lande ens selfs direkte uitstsendings van sport westryde ens en dit hier op aarde om as voorbeeld te gbruik maar, miljoene km’s van die Aarde af kan ons per rekenaar n lansering op die maan met presiesie uitvoer, ai ja jai mense hoe lank gaan mense nog aan hul neuse rond gelei word.
Studeer feite en vind uit hoe radiotransmissie geskied. Moenie 1ste beskikbare “sameswerings teorie” vir die waarheod glo nie. Afstaand na die maan slegs 384 400km.
Dis egter U wat ‘n bietjie weier moet lees.
LoL
Glo ook seker aan die spaghetti monster en dat die Aarde plat is.
Hulle herontwerp die wiel. Wat wil hulle daar maak? Kry paar monsters by NASA wat reeds alles weet wat op die maan aangaan.
Die 1,5 Biljoen SAR kon n paar huise bou vir die oorbevolkte Indiers.
Dit klink of daar al meer aardse “rommel” op die maan beland.
Spreek eerder die gebrek aan menseregte vir vroue in julle land aan en los die maan uit.
Ek het n brug te koop ….
VSA was daar op film ja.