
ʼn Soyuz 2.1b-vuurpyl met die Luna-25 (11 Augustus 2023) (Foto: Handout / Russian Space Agency Roscosmos / AFP)
Rusland se eerste maansending in dekades, die Luna-25, het op die maan neergestort ná ‘n ongespesifiseerde gebeurtenis tydens voorlandingsmaneuvers opgeduik het.
Die onbemande Luna-25 is op 10 Augustus vanaf die Vostotsjny-kosmodroom in Rusland se Amur Oblast gelanseer, wat die tuig op ʼn sending na die maan gestuur het.
Volgens Rusland se ruimteagentskap, Roskosmos, het hy egter Saterdag omstreeks 14:57 (GMT +3) kontak met Luna-25 verloor.
Die mislukte sending kom namate verskeie maatskappye en nasies in ʼn wedloop na die maan gewikkel is. Dit het ook die kollig op probleme in die Russiese ruimtebedryf geplaas.
Volgens ʼn voorlopige bevinding is Luna-25 “vernietig ná dit op die maan neergestort het”.
Dit was nie dadelik duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar volgens die ruimteagentskap sal ’n spesiale kommissie die redes vir die verlies van Luna-25 ondersoek.
Roskosmos sê die nuus kom ʼn dag nadat die ruimtetuig ʼn “noodsituasie” aangemeld het terwyl dit probeer het om ʼn wentelbaan ter voorbereiding van die landing binne te gaan.
“Tydens die operasie het ʼn noodsituasie op die outomatiese stasie plaasgevind, wat verhoed het dat die maneuver met die gespesifiseerde parameters uitgevoer word.
“Die maatreëls wat op 19 en 20 Augustus gedoen is om na die toestel te soek en daarmee kontak te maak, het geen resultate opgelewer nie,” het die ruimteagentskap berig.
Moskou – wat deur strafsanksies weens die Oekraïense-konflik geïsoleer is – het gehoop dat die ruimtetuig Rusland se eerste maanlandingsending in 47 jaar sou wees.
Die land se laaste maansending, Luna-24, het op 18 Augustus 1976 op die maan geland.
Die voorval word bestempel as ʼn groot terugslag vir Rusland se ruimte-ambisies.
Geborg deur Lancewood?
Hoe is dit moontlik dat 60 jaar terug se tegnologie mense op die maan geplaas het, tog met vandag se moderne tegnologie kry niemand dit meer reg nie? Wat gaan hier aan?
Want om die tipe dinge te doen is nie maklik nie. Nie een persoon weet hoe om n stelsel te bou wat op die maan land nie. Dit is gewoonlik spanne van baie mense wat saamwerk. As jy dit net een keer elke 50 jaar doen kry jy nie baie oefening nie doen jy? Die gevolg is foute word gemaak.
As Ford nou n bakkie 50 jaar gelde gebou het en onmiddellik opgehou het net om vandag weer een te bou. Sou dit vreemd wees as daardie probeerslag miskien nie perfek werk nie?
Toemaar, Ford kry dit nog steeds nie reg nie.
Nie eers n selfoon kan so ver en duidelik as wat Nixon se foon kon, bel nie
Ek is nie meer so seker dat die VSA eers dit so lekker reg gekry het toe hul beweer dat hul het nie. Hulle lieg nie van gister af oor min of meer alles wat hul doen nie.
Ek kan nie glo daar is nog mense wat dink dat die maanlanding ‘n “hoax” was nie… glo seker ook dat die aarde plat is.
Want die maan landing was ‘n politiese spel gewees tussen VSA en Rusland. Nadat Rusland ‘n groot mislukking gehad het met hulle program was dit nie meer ‘n politiese drang om verder geld in dit te sit nie. Die regering was van die gedagte dat daar is nie geld om te maak nie, wat ook ‘n politiese ding was. Ons moet weer terug keer want dit is waar die mens se toekoms is.
Lyk of hul nuutste ruimteprogram na die maan is……
Daaris ligte op die maan!
Rusland kan ook nou maar inmekaar stort…ons wag.
Nie in jou leeftyd nie.
Rusland wil deesdae alles binne val,tot die maan LOL
Die wat gedink het hulle is so slim…….