Bush moet nog sy kandidatuur as Republikeinse kandidaat bekend maak, terwyl Clinton die naweek bekend gemaak het dat sy om die Demokratiese Party se nominasie sal meeding.
Beide het baie steun, maar beide het ook groot teenstand, met Jeb wat ’n bietjie meer “dinastie-weerstand” ervaar.
Jeb is die seun van oud-pres. George Bush en die broer van oud-pres. George W. Bush. Hy het pas sy eerste noemenswaardige voorverkiesingskuiwe gemaak, en volgens aanduidings goed gevaar.
Terwyl daar strawwe kompetisie om die Republikeinse kandidatuur sal wees, met verskeie kandidate wat reeds aangedui het dat hulle gaan meeding, lyk dit of Clinton nie noemenswaardige teenstand in die Demokratiese party sal ondervind nie.
Lees die Christian Science Monitor se ontleding hier.
Maak nie saak watter een wen nie altwee ewe bad?